web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

#DieBrug_Rechaux

Rechaux

Rechaux Browne (43) – Besigheidseienaar van die Strand, Wes-Kaap

Rechaux is die ma van agt kinders tussen die ouderdomme van 10 maande en 24 jaar. Om deel te neem aan Die brug, is geheel en al buite haar gemaksone. Sy hou nie van kampeer of om in die natuur te wees nie, en sy weet sy gaan baie vinnig moet aanpas. Rechaux weet egter hoe om te onderhandel en te kommunikeer en kry dit gewoonlik reg om mense na haar pype te laat dans. Sy glo sy het ’n goeie hart, maar erken sy kan moeilik wees. Rechaux is impulsief, en daar is nie altyd ’n wag voor haar mond nie, maar sy kan haar in ander se skoene plaas. Dit maak haar ’n sterk speler en gee haar die vermoë om mense se guns te wen. Vir haar is eerlikheid die belangrikste. Rechaux se 21-jarige dogter is met spierdistrofie gediagnoseer, ’n siekte wat byna haar lewe gekos het. Haar kinders is haar grootste motivering, en dit is vir hulle wat sy sal sterk bly. Rechaux wil Die brug vir haar dogter wen en vir haar net die beste gee, want die lewe het nie ’n waarborg vir enige iemand nie.

Lelani Profile Portrait Die brug 2
Roscoe Profile Portrait Die brug 2
Rechaux Profile Portrait Die brug 2