Rozanne McKenzie is ’n tweetalige aanbieder, aktrise en stemkunstenaar wat in Johannesburg gebaseer is. Sy is mede-aanbieder op die weeklikse
kunste-program Flits, Donderdagaande op kykNET.
Rozanne was ook ’n aanbieder op die geliefde regstreekse ontbytprorgram Dagbreek. Sy was ook vir vyf jaar ’n veldaanbieder vir die gewilde joernaalprogram Kwêla.
As onderhoudvoerder het sy al oorkant véle verskillende bekendes gesit, van John Cleese tot aartsbiskop Desmond Tutu.
Haar stem is al gebruik in veldtogte deur Standard Bank, Discovery Health, BMW, MTN, Total, Shoprite/Checkers, Spar en Tops. Sy kan ook op Jacaranda FM se The Workzone gehoor word as verkeersverslaggewer, weeksdae 9:00 tot 12:00.
Rozanne het in 2003 ’n dramagraad van die Universiteit van Kaapstad ontvang, en het al in ’n paar toneelstukke, musiekblyspele, TV-reekse en rolprente gespeel.