web uni tv guide
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG
Ronell Neethling56 (1) (1)

Ronell Neethling

OUDERDOM: 47
AREA: Polokwane
BEROEP: Huisvrou en kunsvlyter.

HOEKOM DINK JY IS JY ’N GOEIE KANDIDAAT VIR KYKNET SE PROGRAM ‘KUNSVLYT’? 
Kuns is deel van my lewe, my passie en ek is gelukkig genoeg om dit voltyds te kan doen. Ek weet genoeg van alle stokperdjies, om enige uitdaging te kan probeer. Nuwe produkte en idees is vir my soos nuwe ontwerper skoene vir ’n skoen verslaafde. Ek moet dit net hê en uit probeer. Kuns hou ook nie by kantoor ure nie, my kop sluit nooit af nie, dis ’n 24/7 werk. Daar is soveel kunstige mense in ons land ,wat beter as ek is. Dit sal vir my ’n voorreg wees om gekies te word.

WAT SE TIPE KUNSVLYT DOEN JY, EN WAT GENIET JY DIE MEESTE?
My gunsteling kunsvlyt is om ou weggooi meubels, of tweedehandse items weer nuwe lewe te gee. Ek boer in tweede handse winkels en liefdadigheids winkels.
Die winkels is vir my ’n skatkis.

Skilder is vir my ’n groot passie en uitdaging. Ek skilder in waterverf en olieverf. ‘Scrapbooking’ is iets wat ek vir my seuns kan los. Hulle gaan nie eendag ’n boks vol fotos kry en nie weet wanneer, waar en wie nie. Hulle het albums van geboorte tot universiteit.

HOE GEREELD DOEN JY KUNSVLYT?
Ek is ten minste drie dae ’n week besig met my kunsvlyt in my werkswinkel. Ek neem partykeer deel aan kunsmarkte dan is ek maklik vyf dae per week besig.

WATTER ANDER STOKPERDJIES BEOEFEN JY OOK?
Ek is nou al seker twee jaar besig met ’n laslappie kwilt. Alles moet met hand vas gewerk word. Ek doen ook binneshuis versiering. Ek hardloop graag langafstande en probeer een keer ’n jaar ’n marathon hardloop.

WAS JY AL TEVORE OP TELEVISIE?
Nee.

WAT IS JOU GROOTSTE PASSIE?
My grootste passie is my familie, my huis en my kuns. Om oorsee te toer in Europa is vir my ongelooflik. Dit is kos vir my siel. Ou geboue, die straatjies, die geskiedenis alles is vir my ’n skatkis . Die riviere, swane en die klein dorpies alles is ongelooflik vir my en dan het hulle nog die ongelooflikste liefdadigheids winkels ook.

VERTEL ONS VAN JOU GESINSLEWE?
Ek is al 26 jaar getroud met my ongelooflike man, Jimmy. Hy is ‘n boer. Ons het twee seuns, Ludolph (21) en Christiaan (19). Hulle studeer tans op Potchefstroom.
Die seuns is regtig ons bestaan. Die leë nes sindroom is baie moeilik en ’n werklikheid vir ons. Ons mis hulle ongelooflik. My kuns en draf hou my aan die gang as die verlange te erg raak.