Logo

Suid-Afrikaanse rugby, Segment 1 – PRONTUIT

Video
04 September

Prontuit 3 September: Suid-Afrikaanse rugby – Segment 1 Suid-Afrikaanse rugby gaan gebuk onder talle uitdagings onder meer enorme finansiële druk met verliese vir die 2017 boekjaar van meer as R30 miljoen. Die bestuur van Saru het voorts aangekondig dat die aantal beroepspelers met amper die helfte verminder sal word. Kykergetalle en bywoning van wedstryde is besig om te taan en die Sprinbokke presteer nou al vir die soveelste seisoen nie na wense nie. Wat is die vooruitsig vir Suid-Afrikaanse rugby en waar lê die struikelblokke? Op Prontuit gesels ons hieroor met Wynand Claassen, oud-Bokkaptein, Gert van der Westhuizen, oud-sprotredakteur van Beeld en deesdae Stemme-redakteur van Netwerk24 en Mark Fredericks ’n rugbyskrywer en aktivis.