Post Box Café: Amber Bryant – WinslynAmber Bryant, het groot geword met albei haar ouers in die gasvryheid- en restaurantbedryf. Na baie jare in die familiebesigheid, het sy besluit om haar eie ding te doen. Terwyl talle mense skrikkerig is om nou ‘n nuwe restaurant oop te maak, terwyl dinge nog baie onseker is met Covid-19 en die inperking, vertel Amber waarom sy vasberade is dat Post Box Café ‘n sukses sal wees.