Logo
Magda Louw SP BB NEW
web uni tv guide

Magda Louw

144Komedie13 SL

seisoen

2

1

Magda Louw Poster NEW

Alles oor Magda Louw

Magda Louw vertel die storie van Magda en haar man Erhard, wat deelneem aan 'n werklikheidsreeks, waar ’n kameraspan hulle volg om hul dag tot dag lewe - met 'n paar onverwagse kinkels en kabels – te dokumenteer.

S1 | E13
27 Maart 20:00
'S1/E13 of 14'. In die reeks se finale episode word Erhard gekonfronteer met 'n groot vrees. Magda en die res kom daarva...

Nuwe komediereeks, “Magda Louw” bring vele bekendes na kassie – Magda Louw

News
23 November 2022
Magda Louw was aanvanklik as ’n eenvrou-verhoogproduksie geskep en toe later deur kykNET tot ’n storiefilm omskep.
Magda Louw kykNET

Wanneer die nuwe kykNET-komediereeks Magda Louw vroeg in Januarie 2023 op kykNET begin, beloof dit om ’n skatkis van vars en unieke Afrikaanse televisiehumor te wees.

Magda Louw vertel die storie van Magda en haar man Erhard, wat deelneem aan 'n werklikheidsreeks, waar ’n kameraspan hulle volg om hul dag tot dag lewe - met 'n paar onverwagse kinkels en kabels – te dokumenteer.

Die reeks is op die gelyknamige kykNET-storiefilm gebaseer en die draaiboek is deur Desiré Gardner, wat ook die naamrol vertolk, geskryf.

Desiré, wat veral bekend is vir haar sepierolle in Suidooster en Binnelanders, het aanvanklik Magda Louw as ’n eenvrou-verhoogproduksie geskep en dit is in 2021 deur kykNET tot ’n storiefilm ontwikkel.

Die akteur en Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk is as Erhard te sien, terwyl die rolle van Magda se dogter Gertrude en seun Baltus onderskeidelik deur Cintaine Schutte en Bennie Fourie vertolk word. Gershwin Mias is die kameraman Shaun, wat die Louws rondvolg en diep in Magda se hart kruip.

Ander bekende akteurs wat verskynings maak, is Shimmy Isaacs, André Weideman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wynand Kotze, Elzet Nel en Mandri Sutherland.

Volgens Desiré is Magda Louw ’n “tong-in-die-kies” en “knop-in-die-keel” kykie op die onvermydelike dinge in die lewe, soos oudword, tyd en die feit dat ons niks kan doen om die arm van die horlosie te laat stilstaan nie.

“Dit gee ook ’n blik op die uitdagings wat ma-wees bied, huweliksprobleme, hoe om jou lewenspad saam met een mens te stap, menopouse, die uitdagings van die middeljare, jaloesie en botoks.”

Desiré sê om Magda te speel, is een van die lekkerste ondervindinge van haar loopbaan.

“Ek het dit so geniet om ’n karakter, wat ek al so lank ken, te speel en ook om te sien hoe my mede-akteurs lewe gee aan die ander karakters wat ek op papier vasgepen het,” vertel sy.

“Maak nie saak wat jy doen nie, hoe mooi jy oudword, hoe gesond jy leef of hoe baie ons van mekaar verskil nie, die een ding is seker: ons almal word oud. En ons is almal net tydelik hier, terwyl ons almal sukkel om elke oomblik te waardeer en werklik te ervaar.”

Kykers kan ook uitsien na ’n insetsel op Bravo! op Sondag 4 Desember vir ’n eksklusiewe kykie agter die skerms en om te sien hoe Desiré en Hannes vir hul karakters “verouder” word.

Magda Louw begin op Maandag 2 Januarie 2023 om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) vir 13 episodes.

Amptelike voorskou – Magda Louw

Video
23 November

Die nuwe kykNET-komediereeks Magda Louw wat afskop vroeg in Januarie 2023 op kykNET, gaan oor Magda en haar man Erhard, wat deelneem aan 'n werklikheidsreeks.