Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Kuns as belegging

Nuus
20 Mei 2015
In gisteraand se uitsending van Winslyn het Taryn Cohn van Art Source South Africa oor die kunsbedryf en kuns as belegging gesels.
kn_winslyn_eksklusief_taryn_cohn_900
In gisteraand se uitsending van Winslyn het Taryn Cohn van Art Source South Africa oor die kunsbedryf en kuns as belegging gesels.

Volgens Cohn het oorsese kopers ’n groot aptyt vir kuns uit Afrika. Wat Suid-Afrikaners terughou is kennis, het sy gesê, en bygevoeg dat dit noodsaaklik is vir voornemende kopers om hul huiswerk te doen.

Uit ’n beleggingsoogpunt is kuns ’n langtermyn-belegging, het Cohn gesê. Sy het die volgende wenke gedeel vir kopers wat dalk hul eerste belegging in kuns doen:

- Vra jouself af: Van wie koop ek die kunswerk? Het die kunstenaar ’n goeie reputasie?
- Kyk ook na die reputasie van die kunsgalery of verkoper. Woon gereeld uitstallings by galerye by.
- As jy ’n jong kunstenaar se werk wil bekom, kyk aan watter kompetisies (soos die Absa L’Atelier en Sasol New Signatures) dié kunstenaar deelneem.
- Moenie dadelik koop nie. Hou die kunstenaar dop en maak seker hy/sy is aktief.
- Die materiaal moet langdurig wees. Daar is baie eksperimentele werke wat oor ’n paar jaar nie meer dieselfde gaan lyk nie.

Kyk die eksklusiewe onderhoud met Taryn Cohn hier onder.