Logo
VeranderDinge
web uni tv guide

VeranderDinge

144Leefstyl6

Talle veertjies vir kykNET

Nuus
13 Mei 2019
kykNET wen groot by vanjaar se ATKV-Mediaveertjies.
Fynskrif

Die ATKV-Mediaveertjies vier jaarliks die mediabedryf en gee toekennings aan dié wie se bydrae tot media uitgestaan het. Vanjaar se toekennings het bestaan uit drie afdelings: KYK, LEES en LUISTER. kykNET was benoem vir 15 kategorieë in die KYK-afdeling en het groot sukses behaal met 12 toekennings! Hier is die volle lys van kykNET-wenners:

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
Louis Pretorius – Fynskrif – kykNET

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
Nico Scheepers – Die maan val bewusteloos – kykNET

Beste dramareeks of enkeldrama
Louis Pretorius & Albert Snyman – Fynskrif – kykNET

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
Carel Nel – Slaaf – kykNET

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
Cindy Swanepoel – Fluit fluit – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

Therese Bam – Kwêla: Marlene le Roux – kykNET

Beste joernaalprogram

Berdene & Janhendrik Burger – Edik van Nantes – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

Kabous Meiring – Prontuit – kykNET

Beste nuusinsetsel

Mia Spies – eNuus: Vuil rivier – kykNET

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

Pieter Steyn – Prontuit: Zimbabwe grondhervorming – kykNET

Beste vermaaklikheidsprogram

Jaco Loubser – Tussen ons – kykNET & Kie

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

Karen Zoid – Republiek van Zoid-Afrika – kykNET

Deel die nuus met jou vriende met die hutsmerk #Mediaveertjie en volg ons op Facebook, Twitter en Instagram.