Logo
Slank S7 Slim BB
web uni tv guide

Slank

144LeefstylPG

Eksperimenteer met vet – Slank 4

Nuus
18 Augustus 2019
Lees meer hier.
Slank_Vet

Foto: Adobe Spark

deur Chantal van der Merwe – Ketogeniese dieet-voedingsdeskundige

Moenie jou vet-inname beperk deur slegs die vette wat van diere produkte afkomstig is te gebruik nie. Dit mag miskien die maklikste wees om ’n stukkie bacon te eet, room in jou koffie te drink en jou kosse in botter gaar te maak, maar ’n mens moet bietjie eksperimenteer.

Dit is ook goed vir jou gesondheid om ’n groot verkeidenheid van vette in jou dieet te inkorporeer. Probeer bietjie olyfolie oor slaai, ghee wanneer jy groente braai of selfs ’n bietjie eendvet. Nóg bronne van goeie vette is okkerneute, Chia-sade, klapperprodukte en sekere vissoorte soos sardientjies. Hier is ook ’n heerlike Granola-resep wat propvol verskillende vette is. 

LEES: SUIKER, JOU EUWEL

Ghee word al vir baie jare deur Indiese mense gebruik, maar is minder bekend vir Afrikaanse mense. Ghee is basies uitgeklaarde botter. Dit is gewone botter wat gekook word teen ’n lae hitte en deur die proses skei die melk vastestowwe en die suiwer vette bly agter. Ghee het ’n hoër rookpunt as botter, coconut-olie en olyfolie. Wanneer olies soos botter of olyfolie verhit totdat dit rook, veroorsaak dit dat die vet oksideer en skadelike vryradikale vorm. Ghee het ook ’n sterker geur as botter en is vol vitamiene soos vitamiene K en A.

Ghee is ’n baie goeie alternatief vir mense wat ’n bietjie sensitief is vir suiwel of wat ’n laktose-intoleransie het. Dit is ook hoog in anti-oksidante en dit help om ’n mens se spysverteringstelsel bakterie (gut flora) funksie te verbeter.

MCT-olie is ’n vetsoort wat miskien meer bekend is vir mense wat ’n ketogeniese dieet volg. MCT staan vir medium chain triglycerides. MCT kom hoofsaaklik in klapperolie voor en ook sommige suiwel produkte.

LEES OOK: ONTMOET DIE GESINNE

Dit is ’n besondere keto-vriendelike vet. MCT-olie is ’n bietjie anders as ander vette in die sin dat dit makliker verteer. Wanneer ’n mens MCT-olie inneem gaan dit direk na die lewer en word vinnig in ketone omgesit. Ketone is ’n bron van energie en ook waarvan die dieet se naam afgelei word – Ketogeniese Dieet. Sommige mense drink MCT in hulle koffie, die welbekende Bulletproof Coffee.

Vir meer wenke, skakel in vir Slank 4 vanaf 7 Julie 2019, elke Sondag om 17:30 op DStv-kanaal 144. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Slank.