Logo
Op reis met my beste vriend S1 SP BB
web uni tv guide

Op Reis Met My Beste Vriend

144DramaPG

seisoen

1

Op reis met my beste vriend S1 Poster

Neels en Lulu gaan kuier by verskeie bekendes en hulle troeteldiere in dié nuwe reeks!

S1 | E13
01 Julie 18:00
'S1/E13 of 13'. Hanna Grobler en haar twee Jack Russels, Raapie en Ansie word vasgelê op papier deur 'n kunstenaar, gaan...

Neels en sy worsie Lulu gaan op reis – Op reis met my beste vriend

News
30 Maart 2023
Saterdagaande 18:00 word vanaf 8 April ‘n lekker kuiergeleentheid voor die TV vir kykers én hul troeteldiere, met kykNET se splinternuwe leefstylprogram, Op reis met my beste vriend, wat begin.
Neels & Lulu

Die akteur Neels van Jaarsveld se miniatuur spikkel-worshond, Lulu, is amper net so bekend soos hy. Met haar eie Instagram-blad, @honnelulu, steel die skattige Lulu harte net waar sy gaan.

Maar Neels is nie die enigste bekende wat ’n sagte plekkie vir troeteldiere het nie en in die nuwe reeks, Op reis met my beste vriend, gaan hy by vriende in die vermaakbedryf – én hulle troeteldiere – kuier. Daar gaan onder meer gekyk word na dierevriendelike-restaurante, -akkomodasie en -aktiwiteite, liefdadigheidsorganisasies wat op diere fokus en selfs ’n kunstenaar wat troeteldiere skets en roomys wat spesiaal vir honde ontwikkel is.

“Die reeks gaan beslis die kyker op ’n opvoedkundige, emosionele, humoristiese en onvergeetlike reis neem,” sê Neels. Dit is die eerste keer wat hy as vervaardiger by ’n reeks betrokke is met sy produksiemaatskappy, Met Eish, aan die stuur van sake. Die konsep van die program is deur Hildewald Groenewald. Neels is ook die reeks se regisseur en die hoofborg is Regal Pet Health.

Van die bekendes wat in Op reis met my beste vriend te sien is, is die sangeres Leah en haar twee Jack Russells, Miggie en Lila, wat ’n paar nuwe toertjies leer, die akteur Theodore Jantjies en sy boerboel Duke wat na ’n dierevriendelik-restaurant gaan, die sangeres Reandi Grey en haar goue apporteerhonde Benji en Nina wat onder meer ’n gidshond beter leer ken en Francois Jacobs en Nykie Pretorius en hulle Staffordshire-terriërs wat besoek aflê by ’n pandjieswinkel wat dierevriendelik is.

Dis egter nie net bekendes en hulle honde wat deel van die reeks is nie. Eloïse Cupido en haar katte, Phantom en Coco Belle besoek ’n dieresiener en kuier by ’n aannemingsentrum vir katte en die akteur Wilhelm van der Walt en sy katte, Seymour en Freddie, word deur ’n dierekundige besoek.

Op reis met my beste vriend begin op 8 April om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Nog Programme