Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

Shané (Nykie) Pretorius

📆  25
📍  Pretoria
💼  Entrepreneur

Hoekom het jy ja gesê toe die vervaardigers jou genader het?

Ek was eers onseker toe ek gevra was om op die show te gaan maar nadat ek met my naaste mense daaroor gepraat het en gebid het dat die Here my sal help om die regte besluit te maak, het ek met sekerheid ja gesê. Alles gebeur tog vir ’n rede!

Het jy van Francios geweet voor die program?

Ek het Francois se gesig geken van Vir Die Voëls af, maar het niks verder van hom geweet nie. Dis eers toe ek op sy Instagram gaan kyk dat ek gesien het hy lyk soos ’n lekker ou en dit het definitief my keuse om op die show te gaan ook beïnvloed.

Was jy senuweagtig om die ander dames te ontmoet? Hoekom?

Ek was BAIE op my senuwees voor ons die dames ontmoet het. Mens verwag altyd die ergste en ek het net gedink hoe ek sou voel as die rolle omgeruil was. Ek het net vir myself gesê: “Maak nie saak wat hulle reaksie is nie, dis verstaanbaar,”. Maar tot my verbasing was hulle eintlik baie rustiger as wat ek verwag het.

Wat was jou game plan?

Ek het vir myself van die begin af gesê ek gaan nie kompeteer met enige iemand nie en net 100% myself wees. As dit die Here se wil is dat ek en Francois moet saam wees op die einde sal dit gebeur sonder enige game plan.

Claudia – Op my eish! 2
Deidre – Op my eish! 2
Nykie