Logo
Net koffie
web uni tv guide

Net Koffie

144LeefstylePG

Skryf in by die Kompetisie

Staan ’n kans om ’n weeklikse Net koffie-geskenkpak te wen!

960x460 Generies

Wen met Net koffie!

Het jy sagte plekkie vir ’n goeie koppie boeretroos? Dan is dié kompetisie vir jou. kykNET en Net koffie gee vyf gelukkige kykers elke week die kans om ’n Coffee Excellence-geskenkboks los te slaan. 

Hoe werk die kompetisie? Makliker as jou koffiemasjien. Om in aanmerking te kom, skakel elke Sondag om 17:00 vanaf 10 April in op DStv-kanaal 144 vir die derde seisoen van Net koffie met Henriëtte Marx. Besoek na elke episode die kykNET-webblad en beantwoord ’n maklike vraag!

Bepalings en voorwaardes: 

  • Die kompetisie is slegs oop vir Suid-Afrikaanse burgers.
  • Die kompetisie bestaan uit dertien rondtes. Elke rondte open Sondae gedurende die Net koffie-tydgleuf en sluit elke Vrydag om 17:00.
  • Hierdie pryse is geldig vanaf 10 April tot 8 Julie 2022 en is onderhewig aan beskikbaarheid. Pryse is nie oordraagbaar of aflosbaar vir kontant nie. 
  • Weeklikse pryse sal per koerier afgelewer word.
  • Geen persoon mag namens ’n derde party aan die kompetisie deelneem. Alle inskrywings moet persoonlik deur die betrokke deelnemer gedoen word.
  • Geen persoon wat geaffilieer is met enige van die borge mag inskryf vir die kompetisie nie.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Pryse is nie oordraagbaar en/of onderhandelbaar nie.
  • Geen deelnemers onder die ouderdom van 18 jaar sal toegelaat word om deel te neem aan die kompetisie nie.
  • Die deelnemer gee Net Koffie, asook alle ander borge betrokke by die kompetisie, outomaties toestemming om nuusbriewe en bemarkingsmateriaal te ontvang.
  • Onware of valse inligting wat deur die deelnemer verskaf word, sal lei tot diskwalifikasie.
  • Die kompetisie is slegs geldig vir inwoners van die Republiek van Suid-Afrika
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Deur deel te neem aan die kompetisie, stem alle deelnemers en wenner ooreen met die reëls, wat deur Net Koffie en al die onderstaande borge in eie goeddenke geïnterpreteer sal word en sy beslissing aangaande enige dispuut sal beslis, finaal en bindend wees en sal nie op enige gronde uitgedaag word nie. Insluitend sonder beperking, die gronde dat die Net Koffie-span nie redelik, billik, in goeie trou of andersins ooreenkomstig die beginsels of prosedurele billikheid opgetree het nie.
  • Net Koffie behou hom die reg voor om die geldigheidsdatums van hierdie kompetisie enige tyd te wysig.
  • Voltooiing van ’n inskrywingsvorm is nodig om in te skryf vir die kompetisie. Al die data wat jy in die vorm ingevul het, word versamel, verwerk en gebruik deur Net Koffie en borge. Die stoor en gebruik van jou persoonlike data geskied altyd in ooreenstemming met die toepaslike databeskermingsregulasies.
  • Inskrywings is nie beperk tot een inskrywing per deelnemer nie.
  • Indien die wenner nie binne vyf werksdae opgespoor en/of gekontak kan word deur die Net Koffie nie, sal die prys verbeur word en ’n verdere trekking sal gehou word.
  • Standaard-tariewe geld.
  • Deur in te skryf vir die kompetisie aanvaar jy die bepalings en voorwaardes verbonde aan die kompetisie.