Logo
Kwela 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG

Minki is Kwêla se nuwe veldaanbieder!

Nuus
15 Desember 2016
Die bekende model en TV-aanbieder Minki Joubert sprei haar vlerke op kykNET en sal van Januarie volgende jaar ook ’n veldaanbieder vir dié gewilde joernaalprogram wees.
Minki Claudia de Nobrega

Foto: Claudia de Nobrega


Die bekende model en TV-aanbieder Minki Joubert sprei haar vlerke op kykNET en sal van Januarie volgende jaar ook ’n veldaanbieder vir dié gewilde joernaalprogram wees.

Minki, wat tans die aanbieder van Boer Soek ’n Vrou is, sal steeds Suid-Afrika se boere help om liefde te vind.

Volgens Minki is die geleentheid om deel van die Kwêla-familie te word vir haar ’n wonderlike vooruitsig vir 2017. “Ek is ongelooflik opgewonde om weer by ’n joernaalprogram aan te sluit en boonop is Kwêla een van my gunsteling programme waarby ek aanklank vind,” sê Minki.

“Die program is ’n instelling op Afrikaanse televisie met lojale kykers en ek hoop om my eie energie na die program te bring.”

LEES OOK: Duime op vir Minki

Minki sê ook dat sy dankbaar is dat sy die geleentheid kry om nog meer televisiewerk vir kykNET te doen.

Kwêla is boonop ’n program wat fokus op gewone mense wat ongewone of inspirerende dinge doen en ek sien regtig uit daarna om met my onderhoude self deur sulke interessante mense geïnspireer te word.”

Minki sal op 25 Januarie volgende jaar vir die eerste keer haar verskyning as aanbieder op Kwêla maak.


Kwêla word Woensdae om 20:30 op kykNET, kanaal 144 op DStv, uitgesaai.