Logo
Kwela 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG

Kwêla se nuwe aanbieder is...

Nuus
20 April 2015
Hannes van Wyk, Bravo!-aanbieder, gaan binnekort op die Kwêla-bank as die nuwe aanbieder van dié gewilde program te sien wees.
KwelaNuut
Hannes van Wyk, Bravo!-aanbieder, gaan binnekort op die Kwêla-bank as die nuwe aanbieder van dié gewilde program te sien wees.

Coenie het ná 15 jaar as Kwêla-aanbieder besluit om dié program te groet. Hy is deesdae aanbieder van ’n Ander Wêreld met Coenie.

Hannes het groot skoene om te vul, maar as daar één iemand is wat die leisels by Coenie kan oorneem, is dit hy.

Ons het eksklusief met Hannes oor sy loopbaan en nuwe rol gesels.

Coenie se laaste episode as Kwêla-aanbieder word op 20 Mei uitgesaai. Kykers gaan Hannes vir die eerste keer op Kwêla op 27 Mei kan sien.

Oor die nuwe aanstelling, sê Karen Meiring, direkteur van Afrikaanse kanale: “Ons is baie opgewonde hieroor. Hannes is ’n baie ervare aanbieder en ons weet ons kykers is mal oor hom. Dit is terselfdertyd vir ons ’n groot voorreg om Coenie steeds op die kanaal te kan behou, as die anker van ’n Ander Wêreld.”