Logo
Kwela 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG

Kwêla: Hier is ons wendorp!

Nuus
30 Julie 2015
Die maande se gewag en gestem is verby, en die wendorp in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie word aangewys.
Middelburg
Na 15 weke van nomineer, hard werk, skoonmaak, afstof, pronk en uiteindelik stem, het die oomblik aangebreek om bekend te maak watter dorp met die titel van Kwêla se Dorp van die Jaar 2015 kan spog.

Die stemme is getel, en ná ’n fenominale poging om koning te kraai is Middelburg as wenner gekroon. Geluk, Middelburg! Ons sien uit na die Kwêla-wenmakietie saam met julle op 25 September – skud solank julle vere reg!

Kyk ook die video hier onder.