Logo
Kwela 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG

Kwêla: Dorp van die Jaar 2015

Nuus
13 April 2015
Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie! Lees hier vir alles wat jy oor die kompetisie moet weet.
Dorp van die Jaar
Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie!

Watter dorp se mense maak die lekkerste gebak? Hoeveel skatte lê versteek in die gemeenskap? Is die dorp se slaghuis dalk die bes bewaarde geheim in die land?

Mense het tyd gehad tot 21 April 2015 om hul gunsteling-dorp in Suid-Afrika of Namibië (met minder as 500 000 inwoners) te benoem. Lees hier onder meer oor watter dorpe kwalifiseer, en hoe die kompetisie werk.



Wie kwalifiseer? (Lees ook die volledige bepalings en voorwaardes hier onder)
Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:
•    Minder as 500 000 inwoners het;
•    Nie ’n streekswenner in die afgelope twee jaar was nie (2012: Schweizer–Reneke, St Lucia, Hoedspruit, Sabie, Kathu, Lady Grey, Clarens, Prins Albert, Walvisbaai. 2013: Paarl, Steytlerville, Heidelberg, Upington, Outjo, Witrivier, Phalaborwa, Winterton, Fouriesburg); en
•    Nog nooit DVDJ gewen het nie (Graaff-Reinet, De Rust, Sabie en Fouriesburg).

Hoe werk dit?
Daar sal uit nege streke gekies word:
1.    Gauteng en Noordwes saam.
2.    Noord-Kaap
3.    Oos-Kaap
4.    Wes-Kaap
5.    Vrystaat
6.    Limpopo
7.    Mpumalanga
8.    KwaZulu-Natal
9.    Namibië

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale ronde. Hier kry die publiek ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies kom verfilm en Headline Entertainment gaan lekker saam makietie hou!

Wanneer ál nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek vir die wendorp kan stem.
Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook in die eerste week van September ’n groot partytjie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees!

34 dvdj


 

Bepalings en voorwaardes

1. ’n Dorp kwalifiseer vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie as die getal inwoners minder as 500 000 is en die dorp of woongebied nie binne ’n metropolitaanse gebied val nie.
2. Die vorige twee jaar se streekwenners kan nie benoem word nie. (2012: Schweizer-Reneke, St Lucia, Hoedspruit, Sabie, Kathu, Lady Grey, Clarens, Prins Albert, Walvisbaai. 2013: Paarl, Steytlerville, Heidelberg, Upington, Outjo, Witrivier, Phalaborwa, Winterton, Fouriesburg)
3. Vorige wendorpe mag vir vyf jaar nadat hulle as wenner aangewys is, nie weer aan die kompetisie deelneem nie. (Graaff-Reinet, De Rust, Sabie en Fouriesburg)
4. Kykers kan enige dorp in Suid-Afrika of Namibië wat nie deur punt 1, 2 of 3 uitgesluit word nie, benoem.
5. Om ’n dorp te benoem, moet die naam van die dorp na 33157 geSMS Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
6. As die naam van die dorp onlangs verander het of in die proses is om te verander, kan die ou of nuwe naam per SMS ingestuur word.
7. Deelnemers hoef nie op ’n dorp te woon om dit te benoem nie.
8. Die benoemings sluit Dinsdag 21 April 2015 om 12:00.
9. Tydens die benoemingsfase is daar geen beperking op die getal dorpe wat deur ’n individu benoem mag word nie.
10. Tydens die benoemingsfase is SMS’e per selfoonnommer onbeperk. In alle ander fases van die kompetisie word SMS’e tot 30 per selfoonnommer beperk.
11. Vir die doeleindes van die kompetisie word elke provinsie in Suid-Afrika as ’n streek beskou, behalwe Gauteng en Noordwes wat saam een streek vorm. Namibië word as die 9de streek ingesluit (Noord-Kaap; Oos-Kaap; Wes-Kaap; Gauteng/Noordwes; Vrystaat, Limpopo; Mpumalanga; KwaZulu-Natal; Nambië).
12. Die vyf dorpe per streek met die meeste benoemings word aan die beoordelaars, wat uit verteenwoordigers van Kwêla en kykNET saamgestel is, voorgelê.
13. Die beoordelaars kies drie uit die vyf dorpe met die meeste benoemings per streek vir die semifinale ronde van die kompetisie.
14. In die semi-finale ronde kry die publiek die geleentheid om deur hulle SMS’e die streekswenners te bepaal.
15. Die sluitingsdatum vir elke streek sal op Kwêla bekend gemaak word en die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.
16. Wanneer elke streek se wendorp bekend gemaak is, kry kykers die geleentheid om in die finale rondte vir die Dorp van die Jaar te stem.
17. Aan die einde van die finale ronde sal die dorp met die meeste stemme as Kwêla se Dorp van die Jaar aangekondig word.
18. Die sluitingsdatum vir die finale ronde is Dinsdag 21 Julie 2015 om 12:00.
19. Die wendorp sal op Kwêla bekend gemaak word op Woensdag 29 Julie 2015.
20. Die SMS-stemlyn vir die kompetisie is 33157. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
21. ’n SMS kos R1.50.
22. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
23. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting en identifikasie-dokumente aan die organiseerders verskaf om die pryse te kan opeis.
24. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van al die stemprosesse oorsien en verifieer.
25. Die onafhanklike ouditeursfirma firma se beslissing is finaal.
26. Geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
27. Wenners kan versoek word om op Kwêla te verskyn of vir publisiteitsdoeleindes vir ander media gefotografeer te word, maar die wenners kan die versoek toestaan of afwys.
28. Deelnemers neem op eie risiko deel. Kwêla, kykNET, Afgri, Indwe risk, Action Ford Krugersdorp, Huisgenoot, Media24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
29. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, kykNET, Afgri, Indwe risk, Action Ford Krugersdorp, Huisgenoot, Media24 nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
30. Werknemers van Kwêla, kykNET, Afgri, Indwe risk, Action Ford Krugersdorp, Huisgenoot, Media24 sal nie vir die pryse in aanmerking kom nie.
31. Geen familielid van die Naspers-groep, Homebrew films, Afgri, Indwe risk, Action Ford Krugersdorp, Huisgenoot, Media24 mag vir die kompetisie inskryf nie.

Pryse
32. 2013 se Dorp van die Jaar wen R1 miljoen in bemarkingswaarde van kykNET, en ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp (“besoek .... 2015 se dorp van die jaar”), gemaak deur Homebrew Films vir uitsaai in kykNET se advertensietyd.

Vir navrae kontak Loren Pienaar by 021 422 3452 of stuur ’n e-pos na [email protected]