Logo
Kwela 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG

Coenie betree 'n ander wêreld

Nuus
13 Maart 2015
Coenie de Villiers het besluit om nuwe geleenthede aan te gryp en sal dus nog net vir 'n rukkie as Kwêla-aanbieder te sien wees. Hy gesels oor sy besluit en vertel meer oor nuwe geleenthede by kykNET wat vir hom voorlê.
HG

Coenie de Villiers, wat oor die jare bekend geword het as die gesig van Kwêla, het die wonderlike geleentheid gekry om die vervaardiger en aanbieder van 'n nuwe kykNET dokumentêre reeks, ‘n Ander Wêreld, te wees en het daarom die moeilike besluit geneem om die leisels van Kwêla-aanbieder oor te gee aan 'n nuwe aanbieder, wat hy saam met die Kwêla-span sal kies.

“Na soveel jaar het ek teen hierdie tyd meer plooie as die bank, en dis tyd om vir jonger, talentvolle aanbieders die geleentheid te gee om die Kwêla-bank te beproef. Daar is ook geen haas nie: eers wanneer die vervaardigers en die kanaal besluit het dat hulle die regte persoon of persone geeïen het, sal ek aanskuif. Totdat ons weet wie oorneem, werk ons oudergewoonte lekker saam.”

Hy meen dat hy sonder twyfel Kwêla sal mis. “Dit was ‘n wonderlike reis en voorreg om vir soveel jaar by die program betrokke te wees.  “

‘n Ander Wêreld word vanaf 12 April om 20:00 op die kanaal uitgesaai. Hy was ook betrokke by die vervaardiging van ‘n dokumentêre musiekprogram wat Afrikaanse musieklegendes en jong hip-hop kunstenaars laat saamwerk – dié program, Vat die Rap, word uitgesaai op 25 Maart.

*Lees hier meer oor 'n Ander Wêreld en kyk na 'n voorskou van die program.

*Lees ’n eksklusiewe onderhoud met Coenie oor sy ongelooflike Kwêla-reis in Huisgenoot wat van Vrydag, 13 Maart, op straat is.

34 hg