Sondagaande is gemaak om te ontspan saam met die familie op die rusbank met springmielies en ’n lekker fliek om na te kyk.
Die Le Roux-familie is ’n uiteenlopende familie, en hoewel Adriaan, Braam, Heinrich, Lisa en Manie elkeen baie uniek is, herinner hulle ons aan die volgende karakters.
BOX OFFICE: DIÉ FLIEKS SAL JOU SONDAGAANDE VASGENAEL HOU
Adriaan:
Wie dan nou anders as ons eie Jack Black? Ons is vasoortuig Adriaan sal beter wees in Battle of the Bands as Trivial Pursuit. Afgesien van die feit dat hy voortdurend daarop uit is om vir iemand ’n poets te bak, is sy grootste doelwit om die kitaar soos ’n karakter vanuit The School of Rock te bemeester.
Braam:
Hy is soos iemand uit The Godfather: Elke oggend, dou voor dag, is hy op en wakker en wandel deur die Kwarantyn-huis om seker te maak almal is veillig. Soos ’n ware patriargiese-figuur waak hy oor die familie. Nie net is hy besorgd oor sy kinders nie, maar hy het ’n baie sagte plekkie vir die Le Roux’s se waghond Vlooi.
Heinrich
Stille waters, diepe grond. Heinrich is doodstil, maar altyd besig om ’n plan te beraam. Dit herinner ons aan Dick de Waal (vertolk deur Arnold Vosloo) vanuit Griekwastad.
Lisa:
Sy is bang vir niks, en het altyd ’n mikpunt in sig. Net soos Kristen Stewart in Underwater, is Lisa altyd vasoortuig om enige uitdaging, groot of klein, tydens inperking te oorwin.
Manie:
Aanvanklik het hy ons herinner aan Seth Rogen, met al sy stoute streke. Maar dit kom voor asof Manie ’n beter Steven King-karakter sal kan vertolk: Dalk Richie Tozier, die vlymskerp tiener wat heeldag klets en uiteindelik ’n wêreldbekende komediant word. Dit lyk vir ons asof Manie se rol vir hom uiteknip is.
Wie dink jy verdien die Oscar-toekenning? Stem sommer hier.
Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.
Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.