Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 9: Ramp of romanties? – Kwarantyn

Nuus
18 Junie 2020
Is pottebakkery ’n goeie idee vir ’n ‘first date’ of nie? Hierdie sal jou dalk help om te besluit!
Pottebakkery50

Tydens die pottebakkery uitdaging het Austin genoem dat hy dit nie sal beskou as ’n romantiese aktiwiteit nie. Ons glo dat ander mense dalk nie dieselfde daaroor voel nie! Kom ons kyk na ’n paar redes hoekom dit romanties kan wees en ook moontlik nie ideaal is vir paartjies nie.

Herinnering

Al is jou pot ’n flop kan dit dien as ’n herinnering van iets wat julle saam aangepak het! Die eindproduk kan iets wees waarna julle kan kyk en saam lag of dalk ‘butteflies’ kry in die toekoms. Aan die ander kant, indien die verhouding misluk, is ’n herinnering dalk nie die beste idee nie. Jy wil tog nie herinner word aan twee floppe nie!

Vier hande is beter as twee

Om potte te maak is nie net iets wat jy en jou geliefde gelyktydig kan doen nie, maar fisies saam aan kan werk! Die proses van pottebakkery kan ’n intieme aktiwiteit wees wat julle fisies nader aan mekaar bring en ook julle spanwerk toets. Wie sal nou nie die ikoniese toneel uit die film Ghost self wil namaak nie?

Geduld

Is geduld vir jou ’n belangrike eienskap? Dan is pottebakery ’n goeie manier om te sien presies hoe geduldig jou meisie of kêrel werklik is!

Maak reg om jou hande vuil te kry

’n Moontlike probleem met pottebakkery as ’n romantiese aktiwiteit is hoe morsig dit kan raak! Wil jy jou ‘date’ vol klei sien? Wil jy hê hy of sy moet jou vol klei sien? Dit skree dalk nie romanse nie, maar dis beslis ’n goeie ysbreker!

Buite die boks

As jy moeg is van uiteet by dieselfde plek of dieselfde planne elke keer volg, is pottebakkery dalk die regte keuse! Dalk hou julle daarvan en dalk doen julle glad nie, maar jy sal nie weet totdat jy probeer nie. Wie weet, dalk vind julle ’n nuwe stokperdjie!

Bly op hoogte met alles Kwarantyn deur ingeskakel te bly op kanaal 149 en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.