Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 36: Vrugte vreugde - Kwarantyn

Nuus
15 Julie 2020
Koskuns, en gesond ook.
GettyImages 1132559685

Vandag is Span Scheepers en Span Le Roux uitgedaag om vrugte in beeldhouwerk te omskep. Dit is ‘n belangrike raakpunt oor hoe belangrik vrugte vir jou is.

As jy by die huis werk, en na kinders omsien, is dit moeilik om aan genoegsame, en gesonde, peuselhappies te dink. Vrugte is egter een van die min gesonde kos waarvan almal hou, wat jou hope energie verskaf, en jou gesond hou.

Gallery

Dis ook soet en geurig. Wel, dalk nie alle vrugte nie. Baie mense weet ook nie dat meeste pampoen, komkommer, tamaties en murgpampoentjies vrugte is. 

Hier is so paar goed wat jy van vrugte moet weet:

Dis glutenvry:

Vrugte pas in by amper enige leefstyl. Vegan, gluten-vry of menige ander maniere van eet laat amper altyd vrugte toe.

Gedroogte vrugte is goed:

Roesyntjies en pruime is veral gesond vir jou – so ook baie ander gedroogte vrugte wat vol vesel is.

Gedroogte vrugte hou lank:

As jy bang raak om te veel uit te gaan gedurende die nationale inperking, kan jy gerus kyk na gedroogte vrugte vir die spens. Dit hou baie voordele van gewone vrugte in, maar di thou baie lank.

Dit hou jou gereeld:

Vrugte is vol vesel wat baie goed is vir spysvertering. Kyk veral na harde vrugte soos pere en appels as jy in die supermark is.

Dis so goed soos vleis:

Gedroogte perskes het 50% meer proteïne as ander vrugte, en dit is wonderlik as ‘n aanvulling as jy vegan is.

Bessies en roesyntjies:

Bessies en rosyntjies is vol gepak met antioksidante, en dit is net goed vir jou. Dit is ook anti-inflammatories.

Vrugte is vol vitamien C:

Naartjies, lemoene, suurlemoen, druiwe, bessies – as jy ‘n verkoue wil afweer kan genoegsame vrugte beslis help. Dit help ook dat jou liggaam yster opneem.

Dis sodium-vry:

Geen sout hier! Vrugte gaan jou nie swaar en ongemaklik voel soos ‘n pak skyfies vir ‘n peuselhappie nie, omdat dit nie baie sout bevat nie. Dis ook natuurlik kolesterol vry.

So, maak jou eie vrugtekeltjie sommer vanaand.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.