Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 36: Ouvrou se wat? – Kwarantyn

Nuus
16 Julie 2020
Só het dag 36 verloop.
Dag 36 Kwarantyn

Om 7:00 wou ons weet wie julle, ons kykers, die volgende moet doen:

1594931849 34 dag 36 peiling 2


Voor ontbyt was die Le Roux-familie bederf met twee verras-gaste – kyk hier.

Dag 37 was bietjie warmer, en daarom kon die twee huise terugkeer na die gazebo vir oefenning, en vir vandag se roetine moes Adriaan en Lisa die res van die familielede wys hoe om hulself te verdedig. Herleef die oomblik hier.

Nie net het die Le Roux-familie vandag ’n verrassing ontvang nie, maar die Scheepers-familie, en veral Caryn, was in die sewende hemel toe dié persoon opdaag – beleef dit vir jouself

Vir groepstaak moes die twee huise kreatiewe muurhorlosies uit mosaïek maak, en die beste poging was 1 000 punte werd. Na ’n uitdagende groepstaak was dit uiteindelik die Scheepers-familie wat koring kraai. Kyk hier

EKSKLUSIEF: ONS LEER KEN DIE SCHEEPERS-FAMILIE VAN NADER

Daarna het koskenades aangebreek, en Donderdae vier ons Suid-Afrika se uiteenlopende kosgeskiedenis. Ons geliefde huiskok, Errieda du Toit, was geraadpleeg, en die Opsigter het spesifiek haar aangehaal. “Wys my ’n land waar ’n koolkop groei en ek wys jou ’n tradisionele resep vir ’n koolkopfrikkadel,” lui haar slagspreuk. 

LEES OOK: OUVROU SE WAT? ERRIEDA WYS ONS HOE

Dis reg, ja, koolfrikkadelle, oftewel ouvrou onder die kombers, met kapokaartappels en groente was vandag 1 000 punte werd. En die dis wat die Opsigter se mond laat water het was die een wat in huis-Scheepers voorberei is. Dié familie stap vanaand weg met 1 000 punte. 

KYK OOK: ‘DIT RUIK RAINBOW NATION’ 

In ons tweede peiling wou ons weet wie ons kykers voel moet onmiddellik gaan draf. Hier is die uitslae:

1594931887 34 dag 36 peiling 1


Na aandete was dit tyd vir speletjiesaand, en Thirty Seconds was omskep in Twenty-eight-seconds. Caryn het tydens koskenades vir die Opsigter gevra of dit in hulle huis kan plaasvind, en die Opsigter het uiteindelik ingestem.



Dit was die Scheepers-familie wat met speletjiesaand weggestap het met ’n addisionele 1 000 punte. Maar dit was nie die einde van die aand nie. Nadat Heinrich en Braam kooi toe is, het die res van ons kwarantyners die dag afgesluit met ’n heerlike kuier in die Scheepers-sitkamer.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.