Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 36: Hier is die lirieke – Kwarantyn

Nuus
15 Julie 2020
Kry die lirieke vir die Kwarantyn-temalied hier.
Lirieke Kwarantyn

Geskryf deur Cecil Barry
Opgevoer deur Daniel Hoffman
VervaardIg deur Nikki Saks


Ons bly almal vreedsaam hier in kwarantyn
En ons wag vir die dag (en die tyd) om spoedig te verdwyn

Ons kan doen met braaivleis en ’n slukkie wyn
Dit is al wat help om te troos vir die eensaamheid en pyn

Maar ons staan saam, werk saam
Speel saam, deel saam 
Sal die wêreld ooit weer opstaan?

Môre sal die son weer skyn
En tot dan bly ons hier in kwarantyn.

Ja, ons speel saam, deel saam
Lag saam huil saam 
Sal die wêreld ooit weer opstaan?

Môre sal die son weer skyn
Maar tot dan bly ons hier in kwarantyn.

Daar’s ’n kouewind wat waai
Al is die Somer net hier om die draai
Wie maak nou weer so lawaai
Dis die buurman se hane wat daar kraai

Dis ’n misverstand, wat die vure stook
Maar ons bly aan roer want die kos moet kook

LEES OOK: KOM DANS SAAM

Môre sal die son weer skyn
Maar vir eers bly ons hier in kwarantyn.

(Instrementeel)

Almal sê dis die nuwe normaal 
Maar die tyd ken die ware verhaal

En ons bly aan die gang
Maar ons almal verlang
Dis te koud om te swem
Gaan die ander span wen?

Maar ons staan saam, werk saam
Speel saam, deel saam
Sal die wêreld ooit weer opstaan?

Môre sal die son weer skyn
En tot dan bly ons hier in kwarantyn.

Ja ons speel saam, deel saam
Lag saam, huil saam
Sal die wêreld ooit weer opstaan?

Môre sal die son weer skyn
maar tot dan bly ons hier in kwarantyn.

Ondersteunende stem: Kiruna-Lind Devar | Vokale: Dennis East | Guitar: Raymond Green | Finale komposisie: Keith Forsyth

Jy kan nou ook die Kwarantyn se temaliedjie aflaai:



Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.