Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 32: Vis feite – Kwarantyn

Nuus
11 Julie 2020
Vandag se snoek braai was heerlik.
S1-D31-34.11_29_37_05.Still002

Daar is min disse wat Suid-Afrikaners so gelukkig maak soos snoek nie. Gebraai, gekook, gerook of as ‘n baie geurige pâté wat op stukke brood so groot soos Menhirs gesmeer word, hierdie vis is ikonies.

S1 D31 34
S1 D31 34
S1 D31 35
S1 D31 35
S1 D31 35
S1 D31 35
Gallery

Dit is ook ‘n besonderse bron van voeding in die land, en die snoek-bedryf dra by tot die Suid-Afrikaanse visbedryf wat seker maak daar is kos op borde reg oor die land. Suid-Afrikaners eet 321 000 000 kilogram vis en seekos ‘n jaar volgens die Wêreldnatuurfonds se Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Volhoubare Seekos (Sassi).

Snoek is een van net slegs 31 visspesies wat op die inisiatief se lys is van volhoubare vis en seekos. Mossels is ook op die einste groen lys, wat hulle die perfekte maats op jou bord maak.  

Hier is interessante snoek-feite:

‘n Lekker vel:

Een voordeel van snoek is dat die vis baie fyn skibbe het, sodoende kan jy dit eet sonder om die hele vis se skibbe af te skrop. Inteendeel, die vis se vel is gesog as dit lekker bros is. Snoek is bekend om baie benerig te wees, maar dis 'n klein prys om te betaal vir 'n lekker snoek-velletjie.

Dis volhoubaar:

As dit by vis kom, moet mens maar versigtig kies wat jy koop. Baie visspesies is bedreig. Maar Snoek is 'n volhoubare vis en op Sassi se groen lys. Dit beteken die Wêreldnatuurfonds is nie bekommerd dat snoek uitgewis gaan word nie.

Dis baie gesond:

Behalwe dat vet baie laag is in koolhidrate, is dit ook ryk aan Omega 3-vetsure en dis baie goedkoop as jy dit met ander vispryse vergelyk.

Dis veelsydig:

Snoek kan op baie manière voorberei word. Jy kan dit braai, kook, in viskoekies omskep of in ‘n bredie omskep. Omdat dit ‘n geurige vis is, het di took nie baie ander bestandele nodig om dit te laat skitter nie. Inteendeel, sout pepe ren suurlemoen is genoeg om ‘n lekker snoek te bedien.

Hoekom gevriesde snoek anders proe:

‘n Studie deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie het gevind dat vars snoek aan die kus bietjie anders proe omdat gevriesde snoek se vetinhoud verander. Bevrore snoek se vetinhoud begin afbreek, en die tekstuur verander hoe langer dit in die vrieskas staan. Kyk wanneer snoek verpak is, en kies 'n vis wat 'n paar weke gelede verpak is wanneer jy gevriesde snoek koop. Dit bly egter ewe gesond, en jy kan dit net so lekker soos vars snoek voorberei.

Hoe berei jy gewoonlik snoek? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.