Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 27: Al die punte – Kwarantyn

Nuus
06 Julie 2020
Dis ‘n nuwe week, en dit beteken nuwe punte vir #SpanScheepers en #SpanLeRoux.
Screenshot 2020 07 06 at 21

Wie sou kon dink na 27-dae is albei spanne amper gelyk op die telbord? Vandag se punte het die speelveld nie juis kleiner gemaak nie, na #SpanScheepers en #SpanLeRoux punte ontvang het.

LINO-DRUK

Vir 1000 punte kon #SpanLeRoux goeie kuns skep met ink!

PIZZA PERFEKSIE

Sonder die gewone deeg, moes albei spanne ‘n pizza-dis maak wat lae-koolhidrate bevat (en heerlik is vir banters).

Dis toe #SpanScheepers se heerlike gebak wat Die Opsigter laat vergeet het van deeg, hulle 1000-punte verower het.

SPELETJIESAAND

Net toe die dag nie meer opwindend kon word nie, tel vanaand se speletjiesaand vir 2000-punte. Vanaand se Stomstreke was nie maklik nie, maar #SpanScheepers het maklik die punte gewen, wat beteken dat op dag-27 het hulle 3000-nuwe punte, en #SpanLeRoux is 'n 1000-punte ryker. Maar ongelukkig moes Jade en Austin ook in die swembad gaan spring, so was dit regtig 'n nederlaag vir die Le Roux's?

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.