Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 24: Kota vs Gatsby vs Bunny Chow, wat’s lekkerder? – Kwarantyn

Nuus
03 Julie 2020
Dis gemorskosaand en almal maak Gatsby’s. Maar is dit SA se gunsteling gevulde brood?
GettyImages 453067951

As jy nog nie ‘n Gatsby geëet het nie, kan jy jouself ‘n Suid-Afrikaner noem?

Natuurlik kan jy, al ding is, die wegneemete het so ‘n volgeling, dat jy dit skaars kan vryspring. Maar terwyl Gatsby’s groot is in Kaapstad (waar dit sy oorsprong het), het die binneland van Suid-Afrika Kota’s terwyl die Ooskus se Bunny Chow nie versmaai mag word nie.

Hier is alles wat jy moet weet van die drie besonderse disse wat in heerlike brood bedien word!

KOTA

Die gereg is ook bekend as ‘n Skhambane (veral in Gauteng) en is gevul met alles wat lekker is. Dit bestaan gewoonlik uit 'n kwart uitgeholde-brood wat dan gevul word met geurige bestanddele soos atjar, tamatiesous, slaptjips, polonie, worsies en ham. Dit word veral naby aan strate, waar daar baie werkers hulself vind, verkoop, en die Kota het regtig al in ‘n kuns verander. Vir onder R40 kry jy ‘n reuse maaltyd wat jou maag en beursie sal gelukkig hou.

BUNNY CHOW

Die Durban-spesialiteit is te danke aan werkers wat vinnig (en goedkoop) ‘n maaltyd moes inkry oor etensuur, jare terug. Die brood in ‘n Bunny Chow is werklik sy eie kosblik, en vir jare was dit ‘n maklike manier om kos rond te dra. Maar vandag bly dit ‘n dis wat mense opgewonde maak, danksy geurige kerrie wat in ‘n uitgeholde-brood geplaas word. Dis ook perfek as jy bang is vir skottelgoed, want die gereg is sy eie bord (wat jy sommer ook kan eet). Dis ook glad nie te duur nie, en as jou kar se hoofligte Durban se rigting toe wys vir vakansie, moet jy een gaan eet. Dis wyd beskikbaar.

GATSBY

Kaapstad se Tafelberg is dalk wêreldberoemd, maar in Suid-Afrika hou ons van ‘n Gatsby, wat plaaslik meer beroemd is as die ou berg (want daar is te veel toeriste om die kabelkarretjie tot bo by die berg te ry). Die oordadige broodjie bevat alles, maar anders as ‘n Kota word dit in ‘n broodrol bedien. Dag-24 se Koskenades was die spanne uitgedaag om ‘n eg Kaapse Masala-steak Gatsby te maak met 'n Franse rolletjies, biefsnye, Masala, uie, eiers, polonie, rooiworsies, kaas, aartappels, tamatie, slaaiblare, komkommer, botter, mostert, tamatiesous, mayonnaise, braaisous en paprika. Behalwe dat die aartappels, skyfies moet word is dié die bestandsele vir ‘n pefekte Gatsby wat almal se mond sal laat water. Hoe jy dit aanmekaar slaan - wel dis jou keuse.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.