Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 16: ‘Ek verlang na jou …’ – Kwarantyn

Nuus
25 Junie 2020
Ons dink daar is baie mense wat tydens die periode van afsondering na belangrike persone en geliefdes verlang het, maar nie tyd saam met hulle kon spandeer nie.
6

Daar was vanoggend ‘n teer oomblik toe Pamela van #SpanScheepers ‘n video-oproep gehad het met ‘n geliefde.

Daarom het ons dit goed gedink om ‘n paar idees te deel oor hoe om in kontak te bly wanneer jy nie noodwendig by iemand kan wees nie.

Briewe

1593109897 34 5

Wat is dan nou ‘n meer bedagsame manier om iemand te laat weet dat jy na hulle verlang, as om ‘n outydse brief te skryf en dit te pos. Die prag hiervan is dat jou geliefde die briewe kan stoor en dit vir nog jare later kan geniet – al daardie outydse films moes tog ‘n punt beetgehad het?

Oproepe

1593109956 34 4

As jy na iemand verlang en nóú met hulle moet praat, is die vinnigste en maklikste manier om die persoon te bel – ons is seker daarvan jou geliefde sal dit baie waardeer om ‘n bekende stem te hoor en saam te lag oor stories van lank gelede.

Video-oproepe

1593110015 34 3

‘n Video-oproep verskil uiteraard van ‘n gewone oproep omdat dit ook video-elemente bevat. Hierdie is lekker omdat geliefdes mekaar ook dan weer kan ‘sien’ – nog ‘n lekker pluspunt hiervan is dat ‘n klomp persone sommer so lekker saam kan kuier en ‘n virtuele koffie-kuier geniet.

Stem-boodskappe

1593110101 34 2

As tyd beperk is tussendeur al die ander, nuwe verantwoordelikhede wat die inperking gebring het; is ‘n stem-boodskap ‘n ideale manier om net vinnig vir daardie spesiale persoon te laat weet dat hulle in jou gedagtes is.

Sosiale Media

1593110171 34 1

Daar is deesdae allerlei sosiale media- platforms waar jy in kontak kan bly met vriende en familie – dit maak die verlange darem so bietjie minder totdat jy hulle weer kan besoek en ‘n drukkie gee.

Ons hoop dat die idees van hulp kan wees wanneer die verlange na geliefdes net té erg raak. Onthou ook dat jy altyd op kanaal 149 kan inskakel vir geselskap in die vorm van #SpanScheepers en #SpanLeRoux – of gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.