Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 13: 'n Rustige dag – Kwarantyn

Nuus
22 Junie 2020
Die dertiende dag het gesorg vir trane, lag en lekker eet.
Untitled design

Ons het die oggend afgeskop met ons daaglikse peiling op die Kwarantyn Facebook-blad. Ons kykers kon kies of Caryn óf Jade van span Scheepers die oggend af kry. Julle het jul besluit geneem en hier is die uitslae:

1592849709 33 screenshot 2020 06 22 at 20.14.38

Die Opsigter het die huise toegelaat om vanaf 9:00 in die gemak van hulle eie sitkamers te oefen, weens die koue. Die Le Roux's het hul oggend aktief begin:

Die Scheepers het hul oggend afgeskop deur 'n les oor die Mandela-effek en 'n alternatiewe heelal:

Die Le Roux's het die groepsuitdaging vir die dag afgeskop. Dié uitdaging het al die familielede se kunstigheid getoets toe hul 'n selfportret uit houtskool moes skets. 

1592850390 33 img 0812 copy

Volgende aan die beurt was die Scheeperse wat hul teken-vermoë moes bewys en sodoende weggestap het met die 1000-punte vir dié uitdaging. 

1592850742 33 whatsapp image 2020 06 22 at 16.45.28

LEES OOK: Dag 13: Houtskool in die hand – Kwarantyn

Die middag was gevul met lekker lui oomblikke, kaart-speletjies en 'n paar trane tydens die Le Roux's se dagboek-sessies:

Die huise was bederf met 'n pizza aand, in plaas van 'n koskenades uitdaging en het die opsigter dit goed gedink om beide families 500-punte toe te ken.

Om 20:00 het die families na die gazebo beweeg vir 'n lekker potjie vasvra, en die Scheepers het koning gekraai en die 2000-punte verdien.

1592851461 34 screenshot 2020 06 22 at 20.07.21

Manie se operasie was 'n sukses. Die hele Kwarantyn-span is saam met #SpanLeRoux verlig en ons sê ongelooflik baie dankie vir almal se mooi wense. 

1592851755 34 screenshot 2020 06 22 at 19.57.02

Stemme het vanaand om 22:00 gesluit vir hierdie stemperiode en sal weer op Woensdag om 21:00 heropen.

1592851679 34 voting closed

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 sowel as kykNET&kie, kanaal 145 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.