Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Amptelike Verklaring: Stemme – Kwarantyn

Nuus
30 Junie 2020
Hiermee die amptelike verklaring vanaf kykNET in verband met die stemme en Instagram-profiele van die Kwarantyn-program.
Voting is Open Billboard 1600 x 640

– English to follow –


Die stemplatforms vir Kwarantyn is op Vrydag 26 Junie 2020 gesluit nadat een van die deelnemers gediskwalifiseer is en sy die program moes verlaat. Die besluit is geneem in ooreenstemming met die geldende bepalings en voorwaardes soos op kykNET se webwerf uiteengesit .

Die stemplatforms vir beide families is hierna gesluit om 'n regverdige stemproses te verseker. Die stemme wat beide families vir die derde ronde ontvang het, sal nie tel vir die kompetisie nie. Hierdie besluit sal op Woensdag 1 Julie 2020 aan die families gekommunikeer word.

Kykers kry weekliks die kans om vir hul gunstelingfamilie te stem. Daar kan elke week gestem word tussen Woensdae 21:00, ná afloop van die hoogtepunte-episode op kykNET (DStv-kanaal 144), tot die daaropvolgende Maandag om 22:00. Die publiek se stemme saam met die punte wat die deelnemers deur die voltooiing van uitdagings in die huis verdien, bepaal die weeklikse wenners en word in ag geneem om die uiteindelike wenners van die kompetisie te bepaal.

Die families het elk twee digitale toestelle in die huis waarmee hulle navorsing kan doen vir uitdagings en waarop hulle kommunikasie van Die Opsigter ontvang. Die deelnemers kon ook met kykers regstreeks op hul Instagramplatforms gesels, wat geskep is met hul intrek in die onderskeie huise. Die Instagram-app is egter Vrydag van al die toestelle verwyder weens verskeie aanvallende en dreigende boodskappe wat hulle ontvang het. Die besluit om die app weer te installeer, is nog hangende. Die dreigende boodskappe is gedokumenteer en verdere aksie word oorweeg.

Stemme vir die vierde ronde open op Woensdag 1 Julie 2020 om 21:00.

Kyk Woensdae die hoogtepunte-episode op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die aankondiging van die weeklikse punte en belonings wat die deelnemers sal ontvang.
__________________________________________________________________________________________________

On Friday 26 June 2020, the Kwarantyn voting lines were closed after the eviction of one of the contestants. This decision was made in accordance with the terms and conditions as set out on various kykNET platforms.

The voting was closed to ensure a fair voting process. However, the votes received by both families in the third round of voting, will not be used to determine the overall winners of the show. This decision will be communicated to the families on Wednesday 1 July 2020.

Viewers have the opportunity to cast votes on a weekly basis from 21:00 every Wednesday, after the highlights episode on kykNET (DStv channel 144), until the following Monday at 22:00. These voting rounds and the challenges within the house determine the weekly winners , and these results are taken into account to decide the eventual outcome of the competition between the two families. 

The families have two digital devices in the house with which they can do research for tasks and receive communication and challenges from The Caretaker. The contestants have also been engaging with fans in real time on their various Instagram profiles that were created upon entering the respective houses. On Friday, the Instagram app was removed from all four devices due to the abusive and threatening nature of the messages received on the app. It is still unclear when the app will be re-installed. The threatening messages have been documented, and further action is pending.

The fourth voting round opens on Wednesday 1 July 2020 at 21:00.

Tune in to the highlights episode Wednesday on kykNET (DStv-channel 144) at 20:00 for the announcement of the weekly challenge winners and the rewards contestants will receive.