Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 15: 3 Vinnige feite oor Pictionary – Kwarantyn

Nuus
24 Junie 2020
Na gisteraand se lekker saam speel met Pictionary, het ons meer gaan uitvind oor hierdie ikoniese bordspeletjie.
Kwarantyn_S1_Artikel_Pictionary

Wat beter om 'n koue wintersnag warm te maak as 'n lekker rondte Pictionary saam met die familie? Hierdie ikoniese speletjie was gisteraand se groeps-uitdaging en #SpanScheepers het met hulle kreatiewe interpretasies as oorwinnaars weggestap. 

Daar is heel moontlik nie 'n huishouding in Suid-Afrika wat nie weet wat Pictionary is; of al 'n weergawe van die bordspeletjie gespeel het nie. 

Hier is ons top 3 gunstelling feite oor Pictionary:

1. Dit is al 35-jaar oud! 

Die speletjie is tot die lewe gebring deur 'n verveelde kelner en sy vriend wat sosiale byeenkomste meer interessant wou maak. Robert Angel en Gary Everson het koppe bymekaar gesit en in die vroeë 1980's begin werk aan die idee in Seattle, Amerika. Dit was egter eers in 1985 wat die eerste weergawe van die speletjie op die rakke beland het. 

2. Met geleende geld begin. 

Robert Angel het die oorspronklike geld om die speletjie in die wêreld in te bring geleen by sy oom. Met $35 000 het hy al die verspreiding en bemarking self behartig. Dit was eers 9-jaar later wat groot speelgoed-vervaardiger Hasbro die speletjie se regte gekoop het. 

3 Alles met die hand gemaak.

In die vroeë-jare van die speletjie was daar geen ondersteuning van groot maatskappye nie en die twee ontwerpers moes hulle produksielyn in hulle woonstel opstel. Daar was meer as 1 000 bordspeletjies met hulle ooreenstemmende 500 000 kaartjies, wat een-vir-een met die hand bymekaar gesit en gepak was in daardie sitkamer. 

En nou amper 4 dekades later geniet ons nogsteeds die harde werk en moeite van Robert en Gary.

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en vertel vir ons wie in julle familie die koning/koningin van Pictionary is. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.