Logo
In die oomblik
web uni tv guide

In die oomblik

144GeselsprogramPG

Reis na selfontdekking – In die Oomblik

News
27 November 2018
Lees meer.
In die Oomblik

FOTO: Verskaf

Ons almal het ’n verlede en ’n toekomsverwagting, maar die realiteit is dat ons nóú, “in die oomblik” leef.

Om in die oomblik te leef beteken nie slegs om doelbewus in die hier en nou te wees nie, dit beteken ook om bewus te wees van die hoofstuk én seisoen waarin ons ons tans bevind.

In die Oomblik is ’n reeks waarin ons deur ander se stories ’n blik kry van wat dit beteken om waarlik in die oomblik te kan leef, te midde van uitdagings wat ons in die gesig staar, moeilike keuses wat gemaak moet word, asook die impak daarvan. Ons word uitgenooi na ’n dieper bewuswording van ons eie storie, om aandag te skenk aan ons binnewêreld, en om die gawe te ontdek van waarlik leef. Dis ’n spasie van hoop waarbinne transformasie en heling kan plaasvind en ons ontdek, dat ons deel is van ’n groter storie – God se storie.

In elke episode van In die Oomblik word ons geïnspireer deur iemand se storie van transformasie, hoop en groei. Die ateljeegedeelte van die program skep ruimte vir gesprek oor die onderwerp.

Dr. Wilmien Human, ’n kliniese sielkundige en lektor by UJ se sielkunde department, is die program se aanbieder en onderhoudvoerder. Haar kennis en ondervinding dra by tot die benadering en hantering van mense se stories en die relevante onderwerpe wat tydens die ateljeegesprek, bespreek sal word. Die ateljeegas is ’n persoon wat ’n mentor of ’n onderwerp-spesialis is.

Skakel vanaf 6 Januarie 2019, om 09:30, in op DStv-kanaal 144 vir In die Oomblik. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #InDieOomblik.