Logo
Groen Natuur 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Groen: Natuur

144ReisprogramPG

Nuwe reeks begin – Groen: Natuur

News
05 Augustus 2020
Moedernatuur het die afgelope paar maande ‘n blaaskans geneem en alhoewel ons dalk nie meer soveel kanse het om te reis en die natuur in al haar glorie te beleef nie, is daar gelukkig ‘n program soos Groen: Natuur wat dit na ons huise bring.
1

In hierdie reeks word daar onder meer agter die skerm gekyk na die mense wat sorg dat die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad sy reputasie as een van die bestes in die wêreld gestand doen en hoe renosters gered word. Jaco Loubser van Homebrew Films vertel meer oor die reeks.

Wat kan kykers van Groen: Natuur verwag? 
Dis nie soos die vorige Groen-reekse nie, maar 'n dokumentêre reeks oor verskillende onderwerpe met Dave Pepler as die stem van die reeks. Dit skop af met drie episodes by die Rhino Orphanage in die Waterberg en die werk wat hulle met renosterwesies doen.  

Wat is van die hoogtepunte in die reeks? 
Persoonlik is die episode oor De Hoop en die Twee Oseane Akwarium besondere hoogtepunte.

Is hierdie ’n reeks vir kykers van alle ouderdomme? 
Beslis vir alle ouderdomme.

Gaan inperking ’n invloed hê op hoe mense na die natuur kyk? 
Ek dink beslis dat daar reeds met nuwe waardering na die natuur en ons impak daarop gekyk word. Baie mense het tydens inperking skielik meer tyd by die huis deurgebring en die voëls in hulle tuin begin raaksien; gesien dat diere skielik terugbeweeg na dorpe en groen stroke omdat daar nie so baie voertuie ry nie. Almal hunker om net weer te kan stap en reis en tyd in die natuur te kan deurbring. So ja, ek dink mense kyk beslis anders na hulle omgewing en die natuur en die impak wat die mens daarop het. Ons hoop dit hou so aan as ons weer hieruit kom.

Skakel elke Woensdag in op kykNET, DStv-kanaal 144, en reis saam deur die Groen: Natuur, of gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #GroenNatuur te gebruik.