Logo
GN 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Groen: Namibië

144ReisprogramPG

Groen: Namibië – rehabilitasie by Naankuse

Nuus
27 Maart 2015
In Groen: Namibië sien ons hoe dinge werk by die rehabilitasiesentrum Naankuse.
foto 3

Begin Sondag 12 April 2015 om 18:30

Met Rudie en Marlice van Vuuren

13 km Oos van Windhoek, die hoofstad van Namibië in Suidelike Afrika, is daar ‘n plek waar mense vir wilde diere wat nie vir hulself kan sorg nie omgee. Die rehabilitasiesentrum Naankuse is ‘n hawe vir wilde diere wat wees gelaat is na hulle ouers in tragiese omstandighede beseer of gesterf het. Dit is die verantwoordelikheid van Marlice van Vuuren en haar span om hierdie diere te rehabiliteer en ‘n kans te gee om terug te keer na die natuur.

In Groen: Namibië sien ons hoe dinge werk by die rehabilitasiesentrum Naankuse en wat dit verg om ‘n wilde dier te rehabiliteer en vry te laat in die natuur. Ons ontmoet luiperde, leeus, bobbejane, rooikatte, skilpaaie, meerkatte, jagluiperde, koedoes en steenbokkies wat Marlice onder haar vlerk geneem het. En ons vergesel Marlice en haar man Rudie op 13 weke tog deur Namibië om te sien hoe ander navorsing- en wildbeskermings eenhede in hierdie land werk.