Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

seisoen

Glam Guru

OOR DIE PROGRAM

Die gewilde skoonheid- en modeghoeroe Hannon Bothma is terug op kykNET vir ’n 22ste seisoen van Glam Guru. Hannon, wie al van 2008 een van kykNET se bekendste gesigte is, se gewilde voorkomstransformasies met die gepaardgaande wenke beloof om weer inspirasie vir elke vrou te bied en lewenslus aan te vuur.

S22 | E13
26 Junie 17:30
'S22/E13 of 13'. Niemand kan konstante verandering in die wêreld vryspring nie en dis maklik om agter te bly. Soms kort ...

Nuwe seisoene van immergewilde reekse

News
09 Maart 2022
In April maak ’n rits programme hulle terugkeer vir nuwe seisoene op kykNET (DStv-kanaal 144).
Nuwe Seisoene BB

Voor in die koor is Fiësta wat reeds in sy 23ste seisoen is. Die aanbieders is Frazer Barry, Viljé Maritz, Lundi Khoisan en Franci Swanepoel en met twee jaar se stilte, is die feeste terug! Van die eerste feeste in hierdie nuwe seisoen wat die Fiësta-span op gaan fokus sluit in Proe’toria, Stilbaai Boekefees, Wakkerstroom Musiekfees, Silwerskermfees, kykNET Buite-ekspo, KKNK en Lekkerland Karnaval. Fiësta begin op 4 April om 20:30.

Dankie, Lottoland is terug vir ’n vierde seisoen met bekendes soos die legendariese Riaan Cruywagen, Nadia Beukes en Brümilda van Rensburg wat moue oprol en hulpbehoewende individue en liefdadigheidsorganisasies help. Dié inspirerende reeks gaan die kollig op 13 instansies of mense wat in nood is, plaas en hulle ondersteun met skenkings, hulpbronne en blootstelling. Dankie, Lottoland begin op 2 April om 18:00. 

Die gewilde skoonheid- en modeghoeroe Hannon Bothma is terug vir die 22ste seisoen van Glam Guru. Soos tevore gaan Hannon praktiese raad gee, en in die nuwe seisoen word hy bygestaan deur Julius Swart in die velsorgsegment terwyl Robyn Poole grimeertegnieke gaan demonstreer. Die program spog met ’n nuwe vars voorkoms nadat die stel ook ’n oormaaksessie ondergaan het. Glam Guru begin op 3 April om 17:30.

Die unieke verhouding tussen koffie en vulkane word in die derde seisoen van Net koffie met Henriëtte Marx ondersoek. El Salvador, Henriëtte se bestemming in hierdie reeks, is geen gewone teelaarde vir koffie nie, maar speel tog ’n kernrol in die land se bestaan. “Soos die vliegtuig gereed gemaak het om in die hoofstad, San Salvador, te land, het ek by die venster uitgekyk en ’n massiewe vulkaan gesien. Toe reeds het ek geweet: verwag die onverwagse,” sê Henriëtte oor die nuwe reeks. Net Koffie met Henriëtte Marx begin op 10 April om 17:00.

Van die wynstreke wat Anzél en die span in die nuwe seisoen van Anzél in die Boland gaan besoek, sluit in Durbanville, Elgin, Hemel en Aarde en Constantia. “Ons is opgewonde om te wys dat die Boland se grense verder strek as wat mens dink,” sê sy. Van die gaste op die program is die skrywer Irma Joubert, die Springbokrugbyspeler Pieter-Steph du Toit en sy familie in die Swartland, die sangeres Amy Jones en die bekroonde fotograaf Daniël Naudé. Anzél in die Boland begin op 21 April om 21:00.

Nog Programme

Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 07 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Diepe waters poster

Diepe Waters

18:30 | 07 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders S13 Poster November 2023 Updated

Binnelanders

19:30 | 07 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Arendsvlei S6 Poster

Arendsvlei

19:30 | 07 Mei
web uni tv guide
Kanaal
145
kykNET_Juffrou_X_S1_Poster

Juffrou X

20:00 | 07 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144

Jy sal ook hiervan hou

Hannes aan huis S10 Poster

Hannes Aan Huis

21:00 | 07 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
kykNET_Oppiestoep_S15_Met_'n_huppel_in_die_stap_Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 08 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Ontbytsake S11 Poster

ontbytSAKE

07:30 | 11 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Kwela S26 Poster

Kwêla

01:00 | 12 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
KLOP! aanbieders

KLOP!

18:00 | 12 Mei
web uni tv guide
Kanaal
145
Se jou se S3 Poster

Sê Jou Sê

19:00 | 12 Mei
web uni tv guide
Kanaal
145