Heindrich Wyngaard is deur en deur ’n nuushond. Hy het reeds op skool as korrespondent vir die plaaslike koerant gewerk en het as joernalis van die beginjare in sy loopbaan sy stem laat hoor. Hy was onder meer politieke verslaggewer by beide Die Burger en Rapport en tot onlangs ’n gewilde omroeper op RSG.
Hy is ook die ankeraanbieder van die geselsprogram Kô, Lat Ons Praat elke Sondagaand om 19:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145.