OUDERDOM: 46
AREA: Krugersdorp
BEROEP: Kunstenaar en kunsvlyt ‘junkie’
HOEKOM DINK JY IS JY ’N GOEIE KANDIDAAT VIR KYKNET SE PROGRAM ‘KUNSVLYT’?
Ek lewe vir kuns en kreatiwiteit – dit is my passie. Ek is ’n kunsvlyt ‘junkie’ en om elke dag myself deur my kuns/ kunsvlyt uit te leef is my ‘fix’.
Almal skryf in vir Kunsvlyt om te wen en die pryse is fantasties, maar dit is nie die enigste rede hoekom ek ingeskryf het nie.
Ek doen my beste werk onder druk en dit motiveer my om my alles te gee.
Kuns en kunsvlyt is my beroep en die deure wat vir my oopgemaak kan word is hemelsbreed.
Die nuwe produkte en tegnieke wat ek gaan leer gaan my kreatiewe denke ’n hupstoot gee en my motiveer om nuwe dinge te probeer.
Om deel te wees van so ’n wonderlike program is ’n geleentheid wat eens in ’n leeftyd aan jou deur klop.
Een van my grootste drome het waar geword. Kunsvlyt gaan my lewe verander!
WAT SE TIPE KUNSVLYT DOEN JY, EN WAT GENIET JY DIE MEESTE?
Ek kan skilder en teken, mosaik, kostuum juwele maak, met gemengde media werk en so bietjie keramiek doen. Ek werk graag met stensels, ink, akriel, ‘chalk’ en ‘craft’ verf.
‘Junk’ joernale het my oog so jaar terug gevang, en die gogga het my toe gebyt. Ek hou ook daarvan om ornamente te maak en oudhede te herwin en weer nuwe lewe te gee. Sover geniet ek die ‘junk’ joernale die meeste en ook om verskillende skeppings te maak met gemengde media.
HOE GEREELD DOEN JY KUNSVLYT?
5 tot 7 dae ’n week.
WATTER ANDER STOKPERDJIES BEOEFEN JY OOK?
Bak en versier van geleentheidskoeke.
WAS JY AL TEVORE OP TELEVISIE?
Nee.
WAT IS JOU GROOTSTE PASSIE?
My beroep as kunstenaar en om ’n goeie ma en vrou te wees.
VERTEL ONS VAN JOU GESINSLEWE?
My man se naam is Gerhard. Ons het drie seuns: Wayne (26), Matthew (22) en Kyle (15). Ons het tot onlangs ons eie besigheid gehad, maar weens die huidige ekoniemse toestand het ons saamgesmelt met ’n ander wel bekende sekuriteitsfirma. Gerhard is nou die Nasionale Tegniese Bestuurder vir die firma.
Wayne is ’n musikant en gee tans kitaar lesse aan skoolleerlinge. Matthew werk vir ’n drukwerk besigheid en Kyle is nou in Graad 9.
Kyle was in 2015 met diabetes tipe 1 gediagnoseer, maar deur God se genade is dit onder beheer en ondersteun en motiveer ons hom om die kondisie te aanvaar en hanteer.
Ons woon in Krugersdorp Noord in ’n huis met 2 woonstelle. My ma bly in die een woonstel, en my tannie in die ander een.
My pa, stiefma, broer, suster en hulle gesinne woon in Middelburg Mpumalanga. Ons het drie honde: Didi, Bekkie en Dextor; ‘n kokketiel, Kokkie, en twee katte: Frankie en Raffa. Ons is groot diere liefhebbers en sien ons diere ook as ons kinders.
Ons is almal baie na aan mekaar. Ons Christelike geloof en familie waardes is vir ons baie belangrik. God kom eerste in ons huwelik en familie lewe.