Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
Danielle Viljoen74 (1) (1)

Danielle Viljoen

OUDERDOM: 56
AREA: Montana, Pretoria
BEROEP: ‘Semi’ afgetree

HOEKOM DINK JY IS JY ’N GOEIE KANDIDAAT VIR KYKNET SE PROGRAM ‘KUNSVLYT’? 
Ek is passievol oor kunsvlyt, beoefen dit al baie jare. My man sê altyd hy kon ’n ryk man gewees het as dit nie vir my kunvlyt projekte was nie. Ek is ’n kreatiewe persoon wat daarvan hou om kunsvlyt-projekte aan te pak. Dis deel van my daaglikse suurstof. Ek hou van ’n uitdaging en glo die Kunsvlyt-program sal my kreatiwteit goed toets.

WAT SE TIPE KUNSVLYT DOEN JY, EN WAT GENIET JY DIE MEESTE?
My kunsvlyt-projekte sluit loodglas, materiaalverf, scrapbooking, mosaiek, hekel en ‘chalk paint’ verf in. Tans is my gunsteling om te hekel.

HOE GEREELD DOEN JY KUNSVLYT?
Ek hekel omtrent elke dag soos my program toelaat. Om meubels te verf is ook ’n gunsteling. Soos my tyd dit toelaat beoefen ek gereeld ’n tipe kunslvyt.

WATTER ANDER STOKPERDJIES BEOEFEN JY OOK?
Om golf te speel is ’n groot passie by my. Fotografie is ook ’n gunsteling stokperdjie. Ek maak ook fotoboeke van al ons vakansies.

WAS JY AL TEVORE OP TELEVISIE?
Nee.

WAT IS JOU GROOTSTE PASSIE?
Om voluit te lewe.

VERTEL ONS VAN JOU GESINSLEWE?
Ek is getroud en het ’n seun en ’n getroude dogter. My seun is verloof. Ek is ook die trotste ouma van ’n baba seuntjie. My ouers en skoonouers is albei oorlede. My man is een van 4 broers en ek het ’n broer en suster. Ons kuier gereeld en hou soms ook saam vakansie. Ek en my man het ons eie besigheid. Ek is nou ’n huisvrou nadat ek al die jare in ons kantoor gewerk het. My dogter werk die afgelope 7 jaar vir ons. Sy is ons bedryfshoof. Ons is soortvan ‘semi’ afgetree, reis baie en geniet ons lewe terwyl ons nog goeie gesondheid ervaar.