Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
Danielle Nortier106 (1) (1)

Danielle Nortier

OUDERDOM: 28
AREA: Port Alfred
BEROEP: Grafiese- en mode ontwerper

HOEKOM DINK JY IS JY ’N GOEIE KANDIDAAT VIR KYKNET SE PROGRAM ‘KUNSVLYT’?
Ek werk tans as grafiese ontwerper in ’n scrapbook en print winkel. Ek doen onder andere al die bestellings van voorraad en moet dus baie navorsing doen oor die nuutste produkte en giere vir demonstrasies in klasse wat ek aanbied. Na ure, is ek ’n mode ontwerper waar ek kans kry om kreatief te wees met materiaal. Ek is heeldag, aldag aktief kreatief in verskillende tipe vorme van kuns.

 WAT SE TIPE KUNSVLYT DOEN JY, EN WAT GENIET JY DIE MEESTE?
My kuns projekte sluit in: podge projekte (ou boeke, skoene, bottels en blikke, meubels, foto rame ens. vir huis versierings), ‘mixed media canvasses’ en ‘scrapbooking’, mosiac, beeldhou werk, ‘paper mache’, kraletjie weefwerk, felt en materiaal projekte bv. ‘quilting’. Ek het nie ’n gunstelling nie. Ek geniet elkeen vir wat dit is. Elke een van die kuns tipes bied my verskillende opsies wat ek kan inkorporeer om my visie ’n realiteit te maak.

HOE GEREELD DOEN JY KUNSVLYT?
Daagliks. In een of ander vorm.

WATTER ANDER STOKPERDJIES BEOEFEN JY OOK?
Yoga, Gym en Kook.

WAS JY AL TEVORE OP TELEVISIE?
Ek was nie self op televisie nie, maar het ondervinding met opname en skiet van onderhoud wat Kwêla met my pa gedoen het oor sy das kolleksie in 2016. Ek het self ook ’n video opgeneem vir inskrywing van Survivor SA.

WAT IS JOU GROOTSTE PASSIE?
My reis na persoonlike ontwikkeling en om elke oggend wakker te word as ’n beter weergawe van myself as wat ek die vorige aand gaan slaap het.

VERTEL ONS VAN JOU GESINSLEWE?
Ek is enkellopend. Ek het twee kindertjies: ’n Yorkie genaamd Nigel en ’n African Grey pappegaai, genaamd Thabo. Hulle is my hart se punt.
My ouers, Johan en Alma Nortier, bly in Klerksdorp en is afgetree. Ek het ’n jonger suster, Stella. Sy is tans in Bloemfontein waar sy besig is met haar Meesters Graad in Drama en Teater kuns.