web uni tv guide
Dierepraters Showpage Billboard 1600x800
web uni tv guide

Dierepraters

144NatuurPG

seisoen

Dierepraters Poster 320x480

OOR DIE PROGRAM

Daar is ’n groep mense wat die gawe het om met diere te kan kommunikeer. Om met diere te kommunikeer is ’n eeu-oue kuns wat die afgelope tyd weer momentum en belangstelling gekry het. Hoewel die talente van hierdie spesialiste gesien word as esoteries en as’t ware geheimsinnig, is heelwat van hulle tegnieke gegrond in wetenskap – van homopatie tot geometrie, van kinetika tot lyftaal.

S1 | E13
20 Oktober 20:00
'S1/E13 of 13'. Diereprater Hettie praat met Lorette Knowles-Taylor se katte, Enid kuier by Helani Olivier en Soif en di...

Dierepraters gee ‘n blik op kommunikasie met diere

News28 Junie 2021
Dierepraters begin Woensdag 28 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)
Dierepraters Showpage Billboard 1600x800

Daar is ’n groep mense wat die gawe het om met diere te kan kommunikeer. In die nuwe reeks Dierepraters, vanaf Woensdag 28 Julie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) leer ons van hierdie fassinerende mense ken.

Om met diere te kommunikeer is ’n eeu-oue kuns wat die afgelope tyd weer momentum en belangstelling gekry het. Hoewel die talente van hierdie spesialiste gesien word as esoteries en as’t ware geheimsinnig, is heelwat van hulle tegnieke gegrond in wetenskap – van homopatie tot geometrie, van kinetika tot lyftaal.

Die aanbieder van die program is Daniah de Villiers, ’n aktrise en diere-aktivis, met Hettie Richter, ’n dierekommunikeerder, wat haar bystaan. In elk van die episodes sal daar ook gepraat word met spesialiste in hulle onderskeie velde en sal kykers sien watter tegnieke gebruik word om te sien wat huisdiere én wilde diere dink en hoekom hulle reageer soos hulle doen. Die reeks sal ook fokus op die impak wat mens en dier op mekaar het.

“Ek kan nie my lewe sonder diere indink nie,” sê Daniah. “Hulle bring soveel vreugde en het sulke opregte harte. Die een plek waar ek werklik myself kan wees, is wanneer ek by diere is.”

“Soos ons is diere ook deur God geskape en soos ons het hulle elkeen ’n doel in die lewe,” sê Hettie. “Diere het nie pretensies nie. Hulle word nie deur ego gedryf nie. Hulle herinner ons aan aspekte van ons siel wat ons vergeet het. Ek glo aan wedersydse respek vir die diereryk, veral vir diere naby aan ons wat ons help om ons las te dra.”

Hettie sê sy het ingestem om die program te doen om mense se persepsie te verander. “Dit gee die kyker ’n blik op my lewe en wys dat diere ook emosionele wesens is. Dit gee ’n kykie na sessies waar eienaars leer om hulle diere beter te verstaan. Elke dier het sy eie persoonlikheid en dit raak soms komies om dit van hulle perspektief te sien.”

Benewens Hettie is van die dierepraters wat kykers in die reeks gaan leer ken die gespesialiaseerde kinesioloog Annalize Carelse wat onder meer katte wat sukkel met jaloesie help en Enid Fox wat wat haar tegnieke met kykers deel, onder andere hoe om diere en eienaars te help wanneer diere uitgesit moet word. Daar is ook bekendes wat ’n draai in die program gaan maak soos Suid-Afrika se eie ‘lion-whisperer’ Kevin Richardson;  wêreldgerekende Anna Breytenbach en Groen Namibië se Marlice van Vuuren oor verhoudings tussen mens en dier,  en selfs die akteur Neels van Jaarsveld en sy worshond wat meer oor liefde tussen mens en dier gaan praat.

Dierepraters begin Woensdag 28 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Nog Programme

Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 12 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders S15 Poster

Binnelanders

19:30 | 12 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Skemergrond S2

Skemergrond

19:30 | 12 Mar
web uni tv guide
Kanaal
145
Dikker As Water

Dikker As Water

20:00 | 12 Mar
web uni tv guide
Kanaal
145
Op my eish S4 Poster

Op My Eish!

20:00 | 12 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Oppiestoep S10 Poster

OppieStoep

18:30 | 13 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Ontbytsake S12 Poster

ontbytSAKE

07:30 | 14 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Mal kamper S5 Poster

Mal Kamper

18:30 | 14 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Spooksoeker S1 Poster

Spooksoeker

19:30 | 14 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Se jou se S6 Poster

Sê Jou Sê

19:00 | 15 Mar
web uni tv guide
Kanaal
145
Die kantoor S1 Poster

Die Kantoor

20:00 | 15 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Groen Namibie S6 Poster

Groen: Namibië

20:30 | 15 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Hier gaan ons alweer S24 Poster

Hier Gaan Ons Alweer

17:30 | 16 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Diepe waters S4 Poster

Diepe Waters

18:30 | 16 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
In Gesprek

In Gesprek

20:00 | 16 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Ander dam se eende S1 Poster

Ander Dam Se Eende

21:00 | 16 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Een keer om die son S2 Maintenance Poster

Een Keer Om Die Son

20:00 | 17 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Hannes aan huis S13 Poster

Hannes Aan Huis

21:00 | 17 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Overbergbewoners S1 Poster

Overbergbewoners

21:30 | 17 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Met n huppel in die stap S21 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 18 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Voetspore S15 Poster

Voetspore

20:00 | 18 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Wies nuus met Netwerk24 S6 Poster

Wie's Nuus

21:00 | 18 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144