Logo
Die brug S1 Slim BB

Spesiale spelers – Die brug

Nuus
26 Oktober 2023
Dit neem ‘n baie avontuurlustige persoon om die uitdaging van “Die brug” te aanvaar!
Die brug avontuurlustig article image ep 1

Hoekom beskryf die twaalf spelers op Die brug hulleself as avontuurlustig? En hoekom is hulle nie bang of senuweeagtig vir die fisiese en emosionele uitdagings wat daaraan gekoppel word nie? 

Jamie Le Roe

Ek hou van nuwe dinge doen en soek altyd ʼn geleentheid om iets interessant te doen en te  leer. I also get fomo if I sit out too long.

Iana Strydom

Omrede ek baie van die buitelewe hou en omdat ek dit geniet om op avonture te gaan. Ek hike gereeld in die berge, doen gereeld aktiwiteite buitekant en ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer. Ek hou ook van uitdagings en van aktiwiteite wat my fisies en emosioneel uitdaag. Ek beskryf myself ook as avontuurlustig want ek gryp elke geleentheid aan, ek volg my drome en geniet dit om 'n adrenalien aktiwiteit so elke nou en dan te doen.

Marna Grobler

Ek is avontuurlustig omrede ek altyd uitkyk vir nuwe ondervindinge wat my buite my gemaksone kan stoot. 

William Walters

Ek't baie energie, spandeer altyd meer tyd buite as binne. Ek hou van explore en nuwe dinge doen, sien en leer. Ek vind passie daaraan om nuwe uitdagings aan te pak.

Robert Kruger

Ek hou daarvan om dinge te doen wat buite my gemaksone is en uitdagend is.

Arnold Bosman

Want, waarvoor anders leef mens!!! Ek weet mens moet werk en alledaagse prioriteite in ag neem, maar vir my is avontuur en om te verken deur tyd in natuur te spandeer die pinnacle – dis waar ek lewendig voel!!! Om jouself te druk tot limiete om sien tot wat jy in staat is; om nuwe kulture te ondek  – to live not just be alive.

Sam Marais

Die kort antwoord is “want dis lekker”. Ek geniet die gevoel van nuwe dinge ervaar en nuwe plekke te sien. Mens ontdek dele van jouself en van die mense rondom jou wat jy nie geweet het bestaan nie. Ek is ook mal oor die natuur en om besig te wees met my lyf, en avontuur tick gewoonlik daai twee boksies. Ek voel nader aan die divine in die natuur.

Nonnie Geldenhuys

Ek is lief vir die mooi in die lewe en ʼn avontuur vat jou op ʼn pad vol nuwe ervarings en uitdagings wat jou lewe kan verryk en jou uitdaag om ʼn beter mens aan die ander kant uit te kom.

Tina Linder

Ek hou daarvan om myself soms in ongemaklike situasies uit te wurg en terug te sit en daaruit te leer. Ek besef ook eerstehands hoe kort die lewe is en dat ek gemaak is om avonture aan te pak.

Geo Botha

Ek’s mal oor ʼn uitdaging en om nuwe dinge te probeer. Ek glo elke mens het die potensiaal om groot dinge te bereik, maar dit kan slegs bereik word as jy strek buite jou gemaksone.
Ek hou ook baie daarvan om tyd in die natuur deur te bring. Ek glo die feit dat ek voluit wil lewe kom uit die oorsprong van my suster se ongeluk. Ek was slegs 8 jaar oud toe dit gebeur het maar ten spyte van die feit dat sy verlam is, inspireer haar positiewe uitkyk oor die lewe my elke dag.

Larry Alcock

Ek geniet die buitelewe...dis my happy place. Natuurskoon herinner my aan die Skepping en die Skepper. Maar nog meer as dit, ek geniet die onsekerheid wat gepaard gaan met my verkenning van die onbekende, die risiko’s, nuwe ervaringe, dit dwing my om te opereer buite my gemaksone.

Avril Albetti 

Vir my is die lewe self ‘n groot avontuur: Ek maak van elke oomblik die beste, ek hou van nuwe ondervindings, nuwe mense leer ken, ek is myself nogal ‘n bietjie van ‘n avontuur.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe dié 12 spelers emosioneel en fisies uitgedaag word om Die brug te voltooi. Gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.