Logo
kN Digital Banners Die Boekklub 2Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Die Boekklub

144Drama13 VL
Karli 4

Kara Marais

Vertolk deur Karli Heine.
 Kara het toe nooit joernalistiek gaan studeer nie. Maar sy’t haar eie blog oor die Karoo en is ook op die punt om haar eie koffiewinkel oop te maak. Die drie jaar plan is om dan kinders te kry, maar vir eers is sy doodgelukkig dat dit net sy en Lourens is. Hulle’t vir hulle ‘n goeie lewe gemaak hier in die Karoo. Ja dis ‘n klein wêreld, maar haar Ma-hulle is hier. Hulle is ‘n familie. Hulle is gelukkig. Al hunker sy partykeer vir ‘n bietjie meer.