Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerDavid

David

Geboortedatum: 31

Tipe Boerdery: Tafeldruiwe/Sitrus

Plaasbestuurder Huistaal: Afrikaans

Lengte: 2.03m

Hoogste akademiese kwalifikasie: Ingenieurswese graad

Belangstellings: Sport (Veral Gholf) en enige buitelig aktiwiteite

Kinders: Geen

Huwelikstaat: Ongetroud

Dorp en Provinsie: Augrabies, Noord – Kaap

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale pasmaat soek:

My ideale vrou moet energiek wees en hou van die buitelewe. Sy moet ‘n kind van die Here wees en goeie waardes hê. Sy moet ‘n bok vir sports wees en ook daarvan hou om n bietjie te sosialiseer. Op die ou einde is om ‘n gebalanseerde lewe te handhaaf vir my belangrik.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is ‘n hardwerkende jong boer vol energie. Ek is mal oor sport en om nuwe dinge te probeer. Is sien myself as lojaal en doen baie moeite vir die mense vir wie ek lief het. Ek geniet die natuur en buitelewe en ook om te sosialiseer.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Respekteer mekaar, doen moeite met jou pasmaat en wees oop met mekaar. Kommunikeer genoeg. Handhaaf 'n gebalanseerde verhouding.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Lojaal, eerlik en hardwerkend.

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Ek gaan uit my pad uit om my medemens te help, partykeer ten koste van myself. Ek neem soms impulsiewe besluite. Ek raak ook gefrustreer as dinge nie altyd volgens plan verloop nie.

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ek is baie romanties. Ek hou daarvan om baie te bederf. Ietsie klein soos ‘n blommetjie of ‘n sjokolade nou en dan sit gewoonlik ‘n smile op haar gesig. My ideale romantiese afspraak sou wees om iets impulsief te doen. ‘n onbeplande naweek êrens heen, daar waar niks en niemand naby is nie. Ek wil bederf en haar net spesiaal laat voel van sonsopkoms tot sononder.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

Ek is al lank enkellopend, want is al seergemaak deur ‘n persoon vir wie ek bitter baie omgegee het, so ek is maar versigtig vir wie ek in my lewe inlaat. Ek en die laaste "meisie" se belangstellings het baie verskil, so ons het toe saam besluit om eerder net vriende te wees, voor ons op ‘n later stadium iets moes eindig wat mekaar net sou seermaak.

BSV S15 Kotie
BSV S15 Boer Cherie
BSV S15 Boer David