Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerCherié

Cherié

Naam: Cherié

Ouderdom: 34

Tipe Boerdery: Gemengde kleinvee

Huistaal: Afrikaans

Lengte: 1.7m

Hoogtste akademiese kwalifikasie: Diploma

Belangstellings: Jesus, diere, natuur, aktief wees en mense... in daardie volgorde :-)

Kinders: Geen

Huwelikstaat: Ongetroud

Dorp en Provinsie: Herbertsdale, Wes Kaap

 

Watter eienskappe soek jy in jou ideale pasmaat? 

Ek vind ‘n God-vresende man met self respek, ‘n goeie dosis humor en ‘n lus vir die lewe, baie aantreklik. Hy moet hou van diere, die natuur en gemaklik wees in sy vel. ‘n Liefde vir wat hy as beroep beoefen is wel belangrik. Moenie dinge te ernstig opneem nie, en bereid wees om nuwe ervarings te probeer.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is iemand wat baie gemaklik is in stilte. Ek het ‘n amper tasbare verhouding met die Here. Ek lewe en doen alles asof dit my laaste dag is, en geniet dit as ek rondom my hartsmense is. My 2 honde-kinders, Leah (2) en Arrow (9) is my hart se punt. Ek hou baie van die buitelewe, en probeer so aktief moontlik wees. Ek is geseënd om 2 werke te hê: ek help met die boerdery en van 8am tot 4pm hou ek my lyf oopgroef myn beplanner. Ek is ‘n ekstrovert en iemand wat my laaste sal gee om die wat naaste aan my is te help.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

As iets klein jou pla, klaar dit dadelik uit, anders is dit juis daardie klein ding wat later die laaste strooi is wat die kameel se rug breek. Wees altyd eerlik, en praat die waarheid al bewe jou stem. Wees oop vir kritiek maar moenie alles kop toe vat nie. Afstand is nie ‘n verskoning hoekom dinge nie uitwerk nie.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

My geloof, humor, aanpasbaarheid, selfvertoue, ek gaar nie op nie, is ‘n blymoedige gewer, en ek kan nie tel nie :-)

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Ek lag soms in ernstige situasies –  gewoonlik van skok, en ek eet graag eerste my poeding. Ek het ook geen filter nie, so jy sal altyd weet waar jy met my staan. En ek kan braai en soet patats maak. En, ek kan ook nie goed spel nie.

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ek is ‘n bietjie romanties. Ek is nie iemand vir groot vuurwerke en bosse rose nie... ‘n ry Baai toe om roomys op die strand te gaan eet, of ‘n stappie in die veld en piekniek te hou onder ‘n boom is heeltemal voldoende vir my.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis.

As dit langer as drie weke hou is dit spesiaal. Ek is nie iemand wat iemand anders wil verander nie, so ek voel dat in daardie tyd is daar genoeg om te sien of dit gaan werk of nie. My langste verhouding was 6 maande, maar het net nie uitgewerk oor ons op 2 verskeie provinsies gebly het – die dat ek nou weet dat dit nie die regte rede is nie. Ek is ‘n ‘alles of niks’ persoon, en dink dat vertroue heel bo-aan die lys vir ‘n suksesvolle verhouding is.

 

BSV S15 Boer David
BSV S15 Louis M
BSV S15 Boer Cherie