Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerStephan

Boer Stephan

OUDERDOM: 40

KINDERS: Geen

KWALIFIKASIE: Besigheids graad

BOERDERY: Bees en saai boerdery

AREA: Lichtenburg, Noord-Wes

HUISTAAL: Afrikaans

HUWELIKSTAAT: Ongetroud

STEPHAN IS OPSOEK NA:​

My ideale vrou is bewus van haar afhanklikheid van die Here, is altyd eerlik en opreg met ‘n sagte hart. Ek verkies ‘n selfstandige, selfversekerde persoon wat haarself mooi versorg. Dit sal lekker wees om ‘n maat te kry, wat saam my die mooi van die natuur en die diere kan geniet.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Gholf, Visvang, Reis en Kosmaak.
Ek is 'n eerlike, opregte man met ‘n verskeidenheid lewenservarings.
Ek het reg oor die wêreld gewerk in die finansiële sektor.
Nou het ek besluit om my te vestig in Lichtenburg en is betrokke in landbou, saam met my familie. Familie en lojaliteit is vir my baie belanrik, veral omdat ek dikwels alleen was in vreemde lande.
Ek verkies rustige aktiwiteite soos gholf, visvang en die natuur.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

Ek is geneig om dadelik, 100% lojaal te wees en ek vetrou mense té maklik, omdat ek opreg en eerlik is.
Dit het tot teleurstelling gelei en ek het geleer dat ek die verhouding tyd moet gee en seker maak dat die ander persoon ook dieselfde voel.

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Eerlik
  2. Opreg
  3. Bedagsaam

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  1. Vermy konflik
  2. Vertrou maklik
  3. Gereserveerd

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK?

Ja,ek is romanties. 'n Wildsrit net voor sonsondergang op 'n volmaanaand met 'n piekniekmandjie, kombers en 'n vuurtjie wat brand. Naggeluide van die natuur.

4
6
1