Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerNiel

OUDERDOM: 32

KINDERS: Geen

KWALIFIKASIE: Diploma

BOERDERY: Vrugte (appels en pere)

AREA: Grabouw, Wes-Kaap

HUISTAAL: Afrikaans

HUWELIKSTAAT: Geskei

NIEL IS OPSOEK NA:

Iemand wat God eerste stel, die lewe ten volle geniet en 100% gelukkig is met haarself, sportliefhebber, avontuurlustig is, maar ook sag en 'n familie-mens is.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Buitelug mens! Mal oor die natuur, sport en vriende. Hou van reis en verken. Lief vir my Skepper en die lewe! Ek is gebore en getoë in die Karoo, dorpie Williston waar my ouers steeds boer en ek self ook geboer het. Landbou vloei deur my are maar ook my liefde vir ons pragtige land en alles wat hy bied. Ek is 'n baie groot gelowige man en geniet dit om deel te hê aan die ontwikkeling en bevordering van jongmense, veral jong manne. Ek het 'n passie vir mense en lewe vir elke klein oomblik wat die lewe mooi maak.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

Om nooit 'n ander persoon te probeer verander om jou 'ideale' maat te wees nie, om eers in 'n ander se skoene te stap want dan sal jy meer begrip hê vir wie hulle is.

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Ek is baie ambisieus, 'n mens wat altyd wil groei en die beste vir die mense in my lewe wil he.
  2. Is net 32 jaar jonk, so ek is vol energie.
  3. Loop met my hart op my mou deur goeie kommunikasie en verhoudings te bou.
  4. Ek is baie saggeaard.

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  1. Wel ek is dalk 'n bietjie aandag afleibaar.
  2. Kom soms bietjie bot voor.
  3. Is soms vergeetagtig.

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK?

Ja ek is beslis romanties, ek hou van klein goedjies doen om 'n persoon spesiaal te laat voel. My ideale afspraak (aanpasbaar by die persoon in my lewe) is dood gewone piekniek mandjie in stilte terwyl die son ondergaan, iets wat nie op sosiale media gedeel hoef te word nie, want dit is 'n intieme tyd saam wat spesiaal bly wanneer mens alles bietjie los en rustig die mooi saam kan geniet.

2
1
4