Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerPF

OUDERDOM: 30

KINDERS: Geen

KWALIFIKASIE: Matriek

BOERDERY: Vee, groente, saad

AREA: Laingsburg, Wes-Kaap

HUISTAAL: Afrikaans

HUWELIKSTAAT: Ongetroud

PIETER IS OPSOEK NA:

Sy is ‘n voorvat-vrou wat saam met my betrokke is in die gemeenskap. Sy is sosiaal en gemaklik in groot families, maar geniet ook soms die stilte. Sy is selfstandig, entoesiasties, lojaal en het ‘n sin vir humor. Sy skep vir ons ‘n liefdevolle tuiste om saam met ons kinders oud te word in Suid-Afrika.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Ek is ‘n 30-jarige vee en groentesaad boer van Laingsburg. My plaas is geleë 20km vanaf Matjiesfontein oppad na Sutherland.Ek is die derde generasie op die plaas en elke dag dankbaar vir die voetspore wat my voorgangers getrap het om my die geleentheid te bied. Ek het grootgeword in Laingsburg en in Hoërskool geskuif na Boland Landbouskool in die Paarl. Ek het daarna vir 2 jaar chemiese ingenieurswese studeer en vier jaar siviele ingenierswese aan die Universiteit van Stellenbosch. Ek het nie my studies voltooi nie en besluit om voltyds te boer. Ek is vir die afgelope 5 jaar voltyds op die plaas en redelik betrokke by georganiseerde landbou en my gemeenskap. Ek dien tans as die Voorsitter van ons plaaslike Landbouvereniging en van die Agri-Weskaap jongboer komitee. Ek is ook onlangs verkies as my streek se streeksbestuurslid by Agri-Weskaap. My lewensfilosofie is: “As jy ‘n passie het vir iets gaan jy sukses behaal.” Ek is bevoorreg om my passie uit te lewe in landbou. My ingenieurswese kennis, saam met kern-eienskappe soos probleemoplossing, praktiese aanleg en goeie funksioneering onder druk, kan ek daagliks toepas op ‘n verskeidenheid van projekte om suksesvol te boer. My vryetyd spandeer ek graag aan jag, kuier saam met vriende, motorfiets ry en ‘n naweek wegbreek by vriende in die Kaap. Ek hou ook daarvan om mense te onthaal en kos te maak.Ek is deel van ‘n groot familie en het hierdeur geleer dat goeie menseverhoudinge belangrik is. Belangrike waardes vir my sluit in lojaliteit, eerlikheid en betroubaarheid teenoor familie en vriende. Ek het nog altyd my mikpunt gestel dat ek nie wil trou voor 30 nie, want ek wou eers myself vind en verseker dat ek op die regte plek in my loopbaan en persoonlike lewe is voordat ek die groot stap neem. Met die ouderdom kom daar egter ook bietjie wysheid en het ek tot die besef gekom dat daar gaan altyd ‘n nuwe mylpaal wees wat jy gaan nastreef voor jy voel jy is gereed. Die geheim is dus eerder om die regte persoon te vind om saam die mylpale te haal.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

My maat se familie agtergrond speel ‘n belangrike rol omrede dit hoofsaaklik hier is waar ons ons eie waardes vorm. ‘n Verhouding moet gesamentlike doestellings hê waaraan altwee kan saamwerk en in kan groei. My maat moet nie te “needy” wees nie en instaat wees om haarself besig te hou. My maat moet kan aard op die plaas en platteland.

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Innoverend
  2. Passievol
  3. Lojaal

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  1. “Procrastinator”
  2. Soms ongeduldig
  3. Ek reageer nie vinnig op ‘n Whatsapp nie.

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK?

Ja ek is romanties. Ek glo aan kwaliteittyd. My ideale afspraak met ‘n spesiale persoon sal dus van so aard wees dat ons op mekaar kan fokus. Dis dalk oud-modies vir sommige, maar ek glo die man moet moeite maak om dit spesiaal te maak vir sy maat en om haar spesiaal te laat voel. Ek kan my nie vaspen tot een spesiefieke afspraak nie, want wat dit werklik romanties maak is eerder hoe jy die tyd saam spandeer.

5
9
3