Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerMathys

OUDERDOM: 25

KINDERS: Geen

KWALIFIKASIE: B.COM Ondernemingsbestuur

BOERDERY: Skaap, bees en bosbou

AREA: Dullstroom, Mpumalanga

HUISTAAL: Afrikaans

HUWELIKSTAAT: Ongetroud

MATHYS IS OPSOEK NA:

Bo alles moet sy gelowig wees en die Here lief hê. Sy moet saggeaard wees en ‘n liefde hê vir die plaas, diere en mense. Sy moet die klein dingetjies in die lewe waardeer. Dit sal ‘n pluspunt wees as sy die buitelewe geniet en sportief is. Ons hoef nie dieselfde bellangstellings te deel nie, maar moet mekaar se belangstellings respekteer. My ideale vrou moet spontaan en gelukkig wees – my beste vriendin. Dit is nie nodig dat sy van ‘n plaas afkomstig moet wees nie, solank sy bereid is om eendag op die plaas te kom woon.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Ek is Mathys en woon op ‘n plaas in Dullstroom. Ek is op die plaas gebore en het hier groot geword. Ek was nog altyd lief vir die plaas en die omgewing. Na skool het ek aan die Noord-Wes Universiteit (Pukke) ‘n BCom Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur Graad gestudeer en daarna vir ‘n kort rukkie in die stad gaan werk. Ek het egter vining besef dat my hart op die plaas in Dullstroom is en terug gekeer om te kom boer. Alhoewel Dullstroom aan die koeler kant is hou ek van die buitelug. Ek gaan stap graag, ry fiets of motorfiets en hou daarvan om met my hande te werk. Dullstroom is ‘n ongelooflike dorpie en om deel van die gemeenskap te wees is`n voorreg, maar omdat dit so klein is, is daar nie regtig potensiaal om nuwe dames te ontmoet nie.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

Ek glo kommunikasie is baie belangrik, dit is die bousteen van enige verhouding. Vorige verhoudings het my ook geleer dat beide partye van die begin af eerlik moet wees met betrekking tot wat hul van die ander person en verhouding verlang. Albei partye moet weet wat hul kan bied en verwag... totale deursigtigheid en laastens geen geheime nie. Wees net eerlik...

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Vriendelik
  2. Eerlik
  3. Spontaan

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  1. Ek stel ander mense soms bo myself.
  2. Ek vermy konflik, waar moontlik.
  3. Ek is effens hardkoppig, maar werk daaraan.

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK?

Romanse is baie belangrik vir enige verhouding, maar nie alle dames voel gemaklik met romantiese afsprake nie. Dit is baie belangrik om te weet presies wat sy beskou as romanties. ‘n Romantiese afspraak wat ek glo meeste vrouens se guns sal wen is as volg: Ek sal ‘n geskrewe briefie (in my beste handskrif) vir haar op haar kussing los met die volgende instruksies: “Trek jou vellies aan met jou mooi blommerok. Maak los jou hare en vergeet van optof, en ontmoet my 18h00 by die stoor.” Om 18h00 sal ek gereed wees en vir haar wag. Piekniek mandjie gepak met rooiwyn, kaas, vye en ‘n boks van haar gunsteling sjokolade. ‘n Warm kombers om haar in toe te vou en ‘n sagte een om op te sit. Daarna sal ons na die mooiste deel op die plaas langs die dam ry om die sonsondergang te aanskou, waarna ek die bloedrooi rose wat sy nog nie gesien het nie, een vir een aan haar gee. Indien julle die res wil weet sal julle my moet kies om uit te vind.

6
3
5