Logo
Boer soek 'n vrou S14 Slim

#BoerHannis

Hannis

Ouderdom: 23   

Tipe Boerdery: Saai - en veëboerdery   

Huistaal: Afrikaans   

Hoogste akademiese kwalifikasie: B.com Landbou ekonomie en Risikobestuur

Belangstellings:

Natuur en kamp, gewere, diere en sosiale kuiers saam met vriende. 

Kinders: Geen  

Huwelikstaat: Ongetroud   

Area: Brakfontein, Kwazulu-Natal

Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale maat soek:

‘n Spontane vrou wat lewe om ‘n verkil te maak! Sy moet lief wees vir die lewe en aktiwiteite saam met my kan geniet. Ek hou van ‘n avontuurlustige vrou, met ‘n identiteit van haar eie, wat ook daarvan hou om ‘n warm huislike omgewing te skep. Wat sal kos maak en oral sal kan raakvat.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is prakties, avontuurlustig, gedrewe en reguit. Ek geniet dit om buite te wees. Om ‘n boer te wees, is vir my ‘n roeping, ‘n passie en ‘n stokperdjie. Ek geniet kampvakansies in die bos. Ek het ‘n groot belangstelling in gewere. Ek is vreeslik lief vir diere en geniet sosiale geleenthede.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

‘n Mens moet nie vooropgestelde idees oor ‘n verhouding hê nie en mens moet self baie seker wees dat jy reg is vir ‘n verhouding en dan beslis moet weet dat jy 100% moet gee anders mors jy jou tyd en iemand anders se tyd.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Hardwerkend, vasberade en lojaal

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Ongeduldig, hardkoppigheid, taakgeoriënteerdheid   

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ek sien myself nie as stereotipies romanties nie, maar moeite met iemand in my lewe is belangrik. ‘n Veldblom uit die lande wat ek huis toe neem, ‘n koppie koffie uit ‘n fles by die spruit of ‘n uitnodiging om gou saam met my cappuccino te gaan drink in die dorp as ek lek moet gaan haal.

 

Gerhard
Johan
Hannis