#BoerAlbert
OUDERDOM: 29
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: Matriek
BOERDERY: Merino- en wildboerdery
AREA: Noupoort, Noord-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1.8 m
SKRYF VIR DIE BOER HIER IN.
ALBERT IS OPSOEK NA:
My ideale vrou moet iemand wees wat vir my lief is, en ek vir haar. Iemand na wie ek kan opkyk en wat my altyd ondersteun. Sy moet ’n Christen, familie mens en iemand wees met lus vir die lewe wat alles saam my sal aanpak. Iemand wat my net soveel deel van haar lewe sal maak net soos ek vir haar sal. Sy moet sprankelend wees op wie ek net altyd verlief sal bly.
LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek is ’n ware en opregte mens, met ’n groot liefde vir die mense rondom my. Ek is hardwerkend, pligsgetrou, lojaal en vriendelik – eienskappe waarop ek my lewe gebou het. Ek is baie lief vir die natuur en die voordele wat dit bied. Ek is ook lief vir sport en sosiaal verkeer saam lekker mense.
LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
’n Verhouding moet gebaseer wees op Christenskap – sonder eerlikheid en opregtheid kan jy nie in ’n verhouding ingaan nie.
BESTE EIENSKAPPE:
SLEGSTE EIENSKAPPE:
IS JY ROMANTIES EN IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Wel ek bly in die Karoo, so vir my sal ’n ideale romantiese afspraak in die Karoo ’n aand onder die sterre, met ’n lekker bottel rooiwyn en goeie geselskap wees.
LAAI ’N INSKRYWINGSVORM HIER AF EN SKRYF VIR DIÉ BOER ’N BRIEF.
Die soeke na liefde is nie altyd maklik nie, maar as dit gevind word laat dit jou hart bokspring.