Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Troeteldiere: Pascal Pienaar

Nuus
21 Maart 2016
Pascal Pienaar, wat die rol van Karli du Preez in Binnelanders vertolk, raak liries oor haar twee honde, Iewa en Ned.
Padcal Iewa

Pascal Pienaar, wat die rol van Karli du Preez in Binnelanders vertolk, raak liries oor haar twee honde, Iewa en Ned.

Ned

34 pascal ned 00

Pascal sê: Toe ek ’n kind was, was ek mal oor Nancy Drew-boeke. Ek het vir my ma-hulle gesê ek ís Nancy. Ned was Nancy se boyfriend in die storie. Die naam beteken “beskermer” en is ook ’n Franse naam.

Hoe lank het jy hom al?

Hy is op 1 Februarie 2016 gebore (Pascal het hom einde Februarie gekry).

Waar het jy hom gekry?

By Liesl Kotze op ’n plaas buite Middelburg, Mpumalanga.

Hoekom is hy ’n goeie metgesel?

Hy is ongelooflik cute en liefdevol. Hy’s nog baie klein, maar dié hondjies is geken vir hul intellek en entoesiasme. En ek soek ’n hondjie wat saam met my kan swem en draf en naweke gaan ver stap.

Wat beteken hy vir jou?

Diere is alles. Hy laat my besef hoe perfek God die natuur gemaak het.

Vertel ons meer van sy persoonlikheid.

Op sy klein ouderdom is hy klaar baie spelerig. Hy hardloop na my toe as ek hom roep en sy klein stertjie swaai onophoudend.

Beskryf ’n oomblik tussen julle.

Ned raak aan die slaap op my voet terwyl ek hom streel.

Iewa

34 padcal iewa


Pascal sê: Hy het ’n snaakse naam, maar dit was sy naam toe ons hom aangeneem het.

Hoe lank het jy hom al?

Ses jaar.

Waar het jy hom gekry?

SPCA, Waltloo.

Hoekom is hy ’n goeie metgesel?

Hy is ongelooflik lojaal en liefdevol. Die manier hoe sy stertjie swaai as ek by die huis kom en die genot wat hy kry as ek hom vryf, maak my baie gelukkig.

Wat beteken hy vir jou?

Ek kan nie sonder diere lewe nie. Hy laat my net ligter voel. As ek my honde sien, voel ek sommer tuis.

Vertel ons meer van sy persoonlikheid.

Iewa, soos ek, is baie entoesiasties oor eet. Hy is ook lief daarvoor om saam te ry in die kar en saam tuin te maak. Hy’s baie gedissiplineerd en gaan slaap saans as die son sak en is voor sonopkoms weer op en aan die gang. Hy is baie fiks en het baie goeie persoonlike higiëne – altyd besig om homself te groom.

Beskryf ’n oomblik tussen julle.

Hy bokspring op die mat wanneer ’n mens “doggy snacks” sê. En hy raak op my bors aan die slaap wanneer ek TV kyk.

Kyk Binnelanders, weeksaande om 19:30.