Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13 L

Ontvoering: Beskerm jou kind so – Binnelanders

Nuus
31 Maart 2020
Dit is enige ouer se nagmerrie – die besef dat jou kind ontvoer is en die magteloosheid om nie te weet waar hulle hulle bevind en of hulle veilig is nie. In die dramatiese episode van Binnelanders op 31 Maart is dit juis waardeur Pippa Liebenberg gaan. Terwyl almal nou gaan wil uitvind wie vir Dian ontvoer het, het ons ‘n bietjie raad oor hoe Pippa – en jy! – ‘n ontvoering kan verhoed.
Binnelanders Artikel

Deur Nadine Blom

Wat moet ouers van verskillende ouderdomsgroepe doen om hulle kinders teen ontvoering te beskerm? 

Baba's & kleuters

1. Maak altyd seker jy gespe jou baba vas in die waentjie wanneer julle gaan inkopies doen.

2. Wees seker jy is die heeltyd bewus van die stootwaentjie en dat jou aandag nie verdeeld is wanneer jy inkopies doen nie. Sindikaatlede bring dikwels 'n leë stootwaentjie na sentrums en gooi dit toe met 'n babakombersie. Wanneer die ouer omdraai om iets van die rak af te haal, gryp hulle vinnig en geruisloos vir baba en druk hom of haar in die leë stootwaentjie en verdwyn. Sindikate vorm dikwels ook groepe van twee: een persoon hou jou besig terwyl die ander met die baba "doenig" raak. 

3. Moenie dat vreemde persone aan jou kinders vat of met hulle 'n emosionele konneksie vorm nie.Soms teiken hulle ouers wat twee kinders het om aan aandag  te gee, en sal hulle begin gesels met een van die kindertjies. Soms het sindikaatlede ook 'n poeier aan hul vingers en as hulle oor baba of kleuter se wang vryf maak dit die kind lomerig.

4. Kom ooreen op 'n wagwoord wat slegs jy en jou kinders ken.

Wanneer iemand hulle by die skool moet oplaai, moet die persoon hierdie wagwoord ken en vir die kinders kan sê.

5. Laai Google Family Link af op jou kinders se toestelle sowel as op jou slimfoon en moniteer elke app wat hulle aflaai, met wie hulle praat en al hulle aanlynaktiwiteite. Jy kan ook jou kind se skermtyd reguleer met hierdie toepassing en hul skermtyd of skermsessie eindig. 

Tweens en tieners

1. Kom ooreen op 'n wagwoord wat slegs jy en jou kinders ken.

Wanneer iemand hulle by die skool moet oplaai, moet die persoon hierdie wagwoord ken en vir die kinders kan sê.

Dit kan ook handig wees as jou kind hulself in 'n situasie bevind waar hulle onveilig voel en dalk in die teenwoordigheid is van iemand wat hul ongemaklik laat voel. Jou kind kan jou bel en die wagwoord in ‘n gesprek in werk. Jy sal dan weet om jou kind dadelik uit die situasie te gaan verwyder.

2. Leer jou kind om die registrasienommer van elke voertuig waarin hulle ry, al is dit saam met vriende se ouers, af te skryf en dit aan jou te stuur. 

3. Leer hulle om hulle foon se location (ligging) aan te skakel en met jou of  ‘n vriend of vriendin te deel wanneer hulle nie by jou is nie.

4. Gebruik die sogenaamde buddy-stelsel: Moet nooit alleen na 'n badkamer by 'n restaurant gaan nie.

5. Die internet is 'n groot geriefshulpmiddel, maar ongelukkig deurtrek van mensehandel-sindikate wat baie slim maniere gebruik om met weerbare mense konneksie te bou. 

6. Indien jou ouer kinders graag oorsee wil gaan woon en werk, is hierdie ‘n goeie skakel om seker te maak dat die werk of instansie werklik bestaan: Prevention vs Cure is Bertha Bresler se NGO wat hierdie goeie werk doen.

7.  Wees op die uitkyk vir die Loverboy/Lovergirl slenter – en praat gereeld met jou kinders oor hul aanlyn doen en lates.

Die Loverboy of Lovergirl slenter

Talle mense, dit sluit tieners, jongmense en selfs ouer persone in, word deur loverboy of lovergirl werwingsmetodes op Facebook of Instagram genader en begin met 'n onskuldige geselsie… So word die niksvermoedende slagoffer se vertroue gewen. Wanneer daar dan later 'n aanlyn romantiese verhouding ontstaan en die slagoffer word stadig gereedgemaak (grooming) deur die lid van die sindikaat. Eindelik sal die persoon, wie se identiteit gewoonlik vals is, met jou begin gesels en foto's van "hulself" stuur, maar dit is in der waarheid iemand anders se foto's. Later sal dit foto's wees wat effens gekompromeerd is en 'n seksuele ondertoon het en die oortreder sal die slagoffer so gemaklik laat voel dat hulle dieselfde doen.

Sodra die oortreder genoeg materiaal het om die slagoffer mee af te pers, sal hy dan die slagoffer kry om te doen presies wat hy sê. Uit vrees stem die slagoffer dan toe tot alles wat vir hulle voorgeskryf word, wat soms ontmoetings insluit (dis dan dikwels hier waar die ontvoering plaasvind) of die neem van meer ernstige foto’s of videomateriaal en/of gunsies wat die slagoffer vir die afperserser moet doen soos om geld in te betaal vir die oortreder om sodoende die oortreder te verhoed dat die oortreder die naakte foto’s van die slagoffer aanlyn plaas. Talle slagoffers raak weg ná so 'n grooming en aanlyn loverboy/lovergirl-proses.

Wie is die kwesbaarste groepe wanneer dit kom by ontvoering? 

Niemand is gevrywaar nie. Die sindikate teiken dikwels slagoffers om sodoende ‘n losprys van familie te eis, of vir die doeleinde van orgaanhandel (om slagoffers se organe te verwyder en te verkoop op die swartmark en DarkWeb), vir doeleindes van sekshandel, skiet van aanlynpornografie en vir ander dergelike doeleindes: van interaktiewe aanlyn-pornografie en gedwonge arbeid, tot kinderarbeid. (Daar word beraam dat daar op die oomblik 152 miljoen kinders vasgevang in gedwongekinderarbeid.) 

 

Nadine Blom is bekend as sangeres en motiveringspreker en –skrywer, maar sy het ook as’t ware ‘n ander, tweede lewe. In dié lewe is sy ‘n gekwalifiseerde prokureur met ’n meestersgraad in internasionale menseregte met mensehandel as spesialisveld. Sy lewer praatjies by skole, kerke en universiteite oor aanlyn- en slimfoonveiligheid waartydens sy ouers, leerders en student toerus om veilig aanlyn te bly. Hiermee haar raad aan ouers hoe om hulle kinders veilig te hou teen ontvoering.

Kyk hier na een van Nadine se praatjies oor mensehandel: 

Is ontvoering en mensehandel ’n wêreldwye tendens? Hoe groot is die probleem in Suid-Afrika? 

Ingevolge die Global Slavery-indeks is daar op die oomblik 40,5 miljoen individue regoor die wêreld vasgevang in een of ander vorm van slawerny.  In Suid-Afrika dra ons kennis van so bykans 250 000 mense, maar ek sê dit met huiwering omdat mense geneig is om hulself vas te staar in statistieke en statistieke in hierdie geval is dikwels misleidend omdat mensehandel 'n baie ondergrondse misdaad is en sindikate se strategieë is gewoonlik super gesofistikeerd. Baie gevalle word ook nooit aangemeld nie of verkeerdelik bestempel as vermiste persone. Die South African Human Trafficking Hotline het twee jaar gelede die lig gesien en dien as 'n rapporteringslyn vir alle mensehandelgevalle. Die ander belangrike funksie van die hulplyn is dat dit dien as versamelpunt van data. Ons het egter baie min data om tans mee te werk aangesien mensehandel baie selde gerapporteer word.

Die laaste e-pos wat ek van die hulplyn (0800 222 777) ontvang het, was as volg:

Totale reddingspogings sedert Augustus 2016105

Totale polisieverslae gestuur sedert Augustus 2016130

Oproepe na die hulplyn sedert Augustus 201617,72